{"id":100,"date":"2025-03-18T11:23:32","date_gmt":"2025-03-18T09:23:32","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=100"},"modified":"2025-03-18T11:29:34","modified_gmt":"2025-03-18T09:29:34","slug":"om-te-weet-wat-jy-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/03\/18\/om-te-weet-wat-jy-het\/","title":{"rendered":"Om te weet wat jy het"},"content":{"rendered":"\n<p>Ek het drie dae laas koffie gedrink. Nie omdat ek nie koffie het nie, maar omdat ek nie melk het nie! Koffie sonder suiker is heel OK, maar ek kon nog nooit swart koffie in my lyf kry nie.<\/p>\n\n\n\n<p>So\u2026 n\u00e1 twee en \u2018n halwe koffielose dae, het ek uiteindelik by \u2018n winkel gestop om \u2018n liter melk te koop. Ja, Ma, ek het mooi na die vervaldatum gekyk. Maar toe ek by die huis kom, was die melk sommer dik van suurgeit!<\/p>\n\n\n\n<p>Normaalweg sou daardie dik suur melk by die drein af en my mond net so dik van suurte gewees het, maar toe onthou ek dat ek \u2018n Permakultuurpraktisyn is en toegang het tot antie Google op die Internet. En ook van die kaasdoek wat in my kas hang. En vanoggend het ek lekker maaskaas om op my roosterbrood te smeer!<\/p>\n\n\n\n<p>Ek gaan beslis ook meer kaas maak, selfs al is die melk nie suur nie! Daar is iets lekkers aan kaas wat \u2018n mens self gemaak het \u2013 baie anders as winkelkaas wat oorgeprosesseer is. Dis nie goedkoper nie \u2013 kaas is \u2018n duur ding! \u2013 maar die gevoel is anders.<\/p>\n\n\n\n<p>Jare gelede het ek \u2018n kaaskursus bygewoon, waar ons geleer is hoe om basiese kase soos ricotta, feta, mozzarella en halloumi te maak. Roomkaas en maaskaas is genoem, en resepte uitgedeel, maar dit was nooit gedemonstreer nie. Vanoggend het ek net weer besef dat daardie kursus nie tevergeefs was nie \u2013 geen kennis is nutteloos nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Dus\u2026<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het oor die naweek op NetFlix die dokufliek <em>Buy Now: The Shopping Conspiracy <\/em>gekyk. Dit gee nogal \u2018n skrikwekkende blik op veral Amerikaners se koopgedrag. Ek hou ook van aanlyninkopies \u2013 dis gerieflik en ek hou nie van winkels nie \u2013 maar om te sien hoeveel vermorsing plaasvind by groot maatskappye laat die hare op my tande regop staan. Ek sal nie sommer vir Amazon boikot nie, want hulle betaal my vir my skryfwerk, maar die manier waarop hulle hulle personeel behandel en wat hulle met hulle teruggestuurde produkte doen, maak my ligweg naar. Die ergste is dat hulle hulleself as \u2018n \u201cgroen\u201d maatskappy bemark.<\/p>\n\n\n\n<p>\u2018n Ander gevolg van die fliek is dat ek lank en mooi gedink het aan my eie koopgewoontes. Ek was nog nooit groot op klere koop nie, maar ek het nogal die manier om geld uit te gee op katoeters en goeters, veral elektroniese speelgoed. My Kindle is juis nou op die koffie, n\u00e1 ses jaar, en ek moet hom vervang, want hy kan nie herstel word nie. Gaan ek die nuutste Kindle ten duurste invoer, of gaan ek eerder die toepassing gebruik op my selfoon? Gaan ek \u2018n paar Rand uitgee op \u2018n goedkoop stel oorfone, of gaan ek eerder bietjie uithou en spaar vir \u2018n ordentlike duur stel wat my (hopelik) langer gaan hou? Het ek oorfone nodig?<\/p>\n\n\n\n<p>Tesame met my doelwit van om \u2018n boot aan te skaf, het ek ook \u2018n lysie begin saamstel van wat ek (a) graag wil h\u00ea en (b) werklik aan boord nodig het. Wat my keuses be\u00efnvloed is die beginsels van \u201ckoste per keer\u201d en veeldoeligheid. Dit help nie ek besit iets wat net in \u2018n laai gaan l\u00ea en nooit gebruik word nie. Dit geld vir alles!<\/p>\n\n\n\n<p>Ek weet ook ek het \u2018n ongesonde verhouding met besittings. Dit kom van om keuses te maak en mense in my lewe toe te laat wat my rot ek kaal besteel het. Nou is ek \u2018n grensgeval-opgaarder wat myself permanent moet monitor om seker te maak ek raak nie te geheg aan die idee van om goed te besit nie. Dis nie maklik nie. Lysies help.<\/p>\n\n\n\n<p>Iets anders\u2026<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het gekyk na kapteinskursusse, spesifiek vir vaartuie wat meer as 9 meter lank is. Die kwalifikasie is \u2018n pyn, en dis ook nie goedkoop as \u2018n mens al die bedrae vir die verskillende onderliggende en voorvereiste kursusse bymekaartel nie. Die goeie nuus is dat \u2018n mens net eenmaal deur al daardie hindernisse hoef te kom, en sekere van daardie kwalifikasies \u2013 soos die noodhulpkursus \u2013 is altyd nuttig.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat my moeg maak, is die vereiste van ure op see. Ek verstaan dis nodig, maar as \u2018n mens nie jou eie boot het nie en \u2018n sekere soort lisensie moet bekom, is 500 ure op die water \u2018n baie steil berg om te klim.<\/p>\n\n\n\n<p>Daar is egter \u2018n manier om hierdie proses te vergemaklik. En ja, ek het dit per ongeluk uitgevind.<\/p>\n\n\n\n<p>Noorwe\u00eb (die land van Vikings en trolle waar Suid-Afrikaners nie \u2018n visum nodig het nie) het \u2018n skuiwergat in hulle seeregulasies wat ek gaan uitbuit. As \u2018n mens voor 1980 gebore is, het jy nie \u2018n skipperslisensie nodig om in Noorweegse gebiedswater te vaar met \u2018n plesiervaartuig nie. Wat ek dus kan doen, is om my B-lisensie te verwerf vir vaartuie wat langer is as 9 meter, maar dan see-ure op te doen terwyl ek op soek is na Vikings en trolle in die Noorweegse fjords! Dan kan ek di\u00e9 gebruik wanneer ek vir my A-lisensie aansoek doen.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het \u2018n A-lisensie nodig om oseane te kruis. Tussen Europa en Afrika is dit nie \u2018n groot problem nie, want ek kan om Afrika se kuslyn vaar, maar as ek tussen Afrika en die Amerikas, of in die rigting van die Suidsee wil vaar, moet ek die regte kwalifikasie kan toon! Ek weet reels is vir \u00e1nder mense, maar ek wil darem ook nie dat my duur boot gekonfiskeer word nie. Dus\u2026<\/p>\n\n\n\n<p>As julle hoor ek is in Kaapstad of Durban, besig met een of ander bootagtige kursus, moet julle weet dis hoekom.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek wens net ek het al hierdie dinge geweet toe ek jonger was. Dit sou my loopbaankeuses so anders gemaak het. Aan die ander kant was die meeste van die opsies waaruit ek vandag kan kies, nie 35 jaar gelede beskikbaar nie. En niks keer my om my middeljare te vier deur \u2018n radikale loopbaanskuif te maak nie. Soms moet \u2018n mens bloot jou mond en o\u00eb toemaak, neus toeknyp, en SPRING!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het drie dae laas koffie gedrink. Nie omdat ek nie koffie het nie, maar omdat ek nie melk het nie! Koffie sonder suiker is heel OK, maar ek kon nog nooit swart koffie in my lyf kry nie. So\u2026 &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[27],"tags":[15],"class_list":["post-100","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-voorbereiding-vir-n-nuwe-loopbaan","tag-besluite-en-keuses"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=100"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":102,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100\/revisions\/102"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=100"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=100"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=100"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}