{"id":130,"date":"2025-03-29T08:20:16","date_gmt":"2025-03-29T06:20:16","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=130"},"modified":"2025-03-29T08:20:17","modified_gmt":"2025-03-29T06:20:17","slug":"die-voorsienigheid-het-n-vreemde-humorsin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/03\/29\/die-voorsienigheid-het-n-vreemde-humorsin\/","title":{"rendered":"Die Voorsienigheid het &#8216;n vreemde humorsin"},"content":{"rendered":"<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"474\" height=\"474\" src=\"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/de262637ece2f54375e6b45cbbd22edf.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-138\" srcset=\"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/de262637ece2f54375e6b45cbbd22edf.jpg 474w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/de262637ece2f54375e6b45cbbd22edf-300x300.jpg 300w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/de262637ece2f54375e6b45cbbd22edf-100x100.jpg 100w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/de262637ece2f54375e6b45cbbd22edf-150x150.jpg 150w\" sizes=\"auto, (max-width: 474px) 100vw, 474px\" \/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p>Onthou julle hoe ek Maandag geskryf het van hoe die Voorsienigheid beweeg? Wel, soms hou daardie beweging buitengewone verrassings in. En ewe soms kan &#8216;n mens dan net jou kop in verdwasing skud.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het die gewoonte om plekke te vermy waar mense saamdrom. &#8220;Toeristige&#8221; areas was nog nooit vir my lekker nie, en Covid-19 het nie veel gehelp om daardie houding te verander nie. Daarby hou ek ook daarvan om te koop waar &#8220;gewone&#8221; mense nie koop nie &#8211; meeste van die toebehore in my kombuis het ek \u00f3f aanlyn of by industri\u00eble kombuistoerusters aangeskaf. (My soppot en vlekvrye-staal braaipan het die koste-per-keer toets albei met vlie\u00ebnde vaandels geslaag!)<\/p>\n\n\n\n<p>Met al die drama wat daar op die oomblik om die VSA se internasionale politieke beleid woed, het ek die besluit geneem om eerder nie enigiets daar te koop nie. Dit was nie &#8216;n slegte besluit nie. Amerikaners hou van GROOT goed, en dit sluit hulle bote in. Wat ek dus eerder doen, is om te fokus op die Europese aanbiedinge. <\/p>\n\n\n\n<p>Die nadeel van om &#8216;n boot in Europa te soek, is dat hulle watervaartuie gebou is vir kanaal- en riviervaarte, eerder as die oop see. Daar is heelwat bote in my prysklas beskikbaar, maar hulle is bykans voor die voet rivierbote, en beslis nie wat ek in gedagte het nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Danksy Tannie Google (sy is &#8216;n Tannie want sy weet ALLES!), het ek egter op &#8216;n <a href=\"https:\/\/findafishingboat.com\/\">Britse webtuiste<\/a> afgekom, waar meestal vistreilers te koop aangebied word. En daar vind ek &#8216;n boot wat redelik heeltemal perfek aan al my vereistes voldoen! Goedkoop, mooi opgepas, en met beide &#8216;n ordentlike enjin en maste vir seile! Dit beteken dat ek DV nooit gestrand hoef te wees nie!<\/p>\n\n\n\n<p>Dit beteken ook dat ek al daai selfspot oor &#8220;myself aan die takelwerk vasknoop&#8221; nou moet terugtrek, want ek sal moet leer om te seil! En te knoop, in elke sin van die woord!<\/p>\n\n\n\n<p>Dit verander die hoeveelheid en aard van die kursusse wat ek moet deurloop ook dramaties. In plaas van om bloot die basiese motorbootvaardighede aan te leer, en dan aanlyn-kursusse te volg vir die gevorderde permitte, gaan ek nou moet leer om &#8216;n motorboot met seile veilig te hanteer.<\/p>\n\n\n\n<p>Die grap (dankie, Voorsienigheid!) is dat ek juis gister &#8216;n <a href=\"https:\/\/followtheboat.com\/ep-196\/\">artikel<\/a> gelees het dat &#8216;n ketch (dis dieselfde in Afrikaans en Engels) &#8216;n goeie boot is vir ernstige vaarte oor groot afstande en om eiehandig te hanteer. Ek reken as ek &#8216;n goeie outomatiese loods installeer en die besigste skeepsroetes vermy kan dit nie te moeilik wees nie. Daarby is &#8216;n ketch gewoonlik ook redelik stewig gebou, vir visvangdoeleindes, en behoort dit redelik ontstuimige waters te kan hanteer.<\/p>\n\n\n\n<p>Dus&#8230;<\/p>\n\n\n\n<p>Met alles wat die afgelope week in my e-posbus beland het, het ek ook opnuut besef dat &#8216;n mens maar kan doelwitte stel, maar dat jy jou metodes en aksieplanne geweldig buigsaam moet hou, sodat jy nie moed verloor n\u00e1 die eerste struikelblok wat in jou pad gegooi word nie. Die vet weet, as &#8216;n mens t\u00e9 rigied met jou doelwitte is, is hulle nie bestand teen &#8220;omstandighede&#8221; en burokrasie nie. Op die oomblik is my &#8220;Hoekom?&#8221; en my &#8220;Wat?&#8221; redelik seker, maar die &#8220;Hoe?&#8221; en die &#8220;Waarmee?&#8221; moet nog bepaal word. Daardie buigsaamheid gee ook ruimte vir die Voorsienigheid om te werk, want as &#8216;n mens tonnelvisie het, sien jy nie altyd ander, beter, geleenthede en moontlikhede raak om daardie selfde doelwit te bereik nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Dat ek my drome en doelwitte w\u00eareldkundig maak, is heeltemal teenstrydig met wat die &#8220;wysheid&#8221; ons wil wysmaak. Daar is egter &#8216;n paar redes vir my om nie my planne weg te steek nie.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Selfs al adverteer ek hierdie skryfsels op sosiale media, is daar nie baie mense wat hulle lees nie. Dit bly &#8216;n redelik klein gehoor van meestal &#8220;weird&#8221; mense.<\/li>\n\n\n\n<li>Dat ek my planne bekend maak, beteken dat daar &#8216;n moontlikheid bestaan dat die &#8220;regte&#8221; mense dit sal raaklees, en miskien raad en idees kan gee, of my aan die regte \u00e1nder mense kan voorstel.<\/li>\n\n\n\n<li>Om my denkproses s\u00f3 oop te vlek, demonstreer aan my grootste kritici dat ek w\u00e9l diep nagedink het oor die moontlike moeilikhede wat met hierdie besluite gepaard gaan, en maniere oorweeg om daardie gevolge te verminder en te hanteer. Dit wys ook dat ek nie impulsief te werk gaan nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Hierdie skryfsels is vir my &#8216;n manier om my gedagtes te orden, en dis vir my makliker om belangrike Internetskakels in artikels in te sluit as om hulle in &#8216;n &#8220;gunstelinge-&#8220;l\u00eaer te stoor, waar ek hulle nooit weer gaan opspoor nie.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Wanneer die tyd reg is vir my om my tentpenne hier op te trek, gaan dinge baie vinnig gebeur. Vir iemand wat my nie ken nie, gaan dit lyk of ek geweldig impulsiewe besluite geneem het, want my lewe gaan binne &#8216;n relatief kort tydperk heeltemal onderstebo en agterstevoorom gedraai word. <\/p>\n\n\n\n<p>Ek is net baie dankbaar dat die nodige kursusse en kennis beskikbaar is. So interessant as wat hierdie nuwe verwikkeling is, is die kennis wat nodig is om &#8216;n ketch te hanteer letterlik eeue oud. Die leerkromme gaan geweldig steil wees, want seevaart is nie iets waarmee ek al ooit in my lewe te doen gekry het nie, maar miskien is dit juis wat ek nodig het: &#8216;n radikale leefstylomwenteling met al die uitdagings wat daarmee saamgaan. <\/p>\n\n\n\n<p>Die positiewe aspek van hierdie wilde gedagte is dat ek heelwat van die items op my emmerskoplys sal kan afmerk. Daar is plekke op hierdie planeet wat nie maklik met &#8216;n vliegtuig bereik kan word nie, en om te vlieg is &#8216;n pynlike en hoogs stresvolle ervaring, op &#8216;n goeie dag! Wat vir my &#8216;n voordeel van &#8216;n boot is, is dat ek my klere en belangrikste besittings byderhand het, nie iewers diep weggepak nie, en ek hoef dit nie alles in tasse van een plek na die ander met my saam te dra nie. Ek kan ook kos eet waaraan ek gewoond is en wat nie my maag sal omkrap nie (al moet ek dit self gaarmaak).<\/p>\n\n\n\n<p>Hoe meer ek hieroor nadink, hoe meer raak ek bewus van hoe radikaal en wild en woes hierdie doelwit is. Maar soms &#8211; net soms &#8211; is wilde woeste doelwitte nodig, om &#8216;n mens se bestaan &#8216;n goeie skud te gee.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onthou julle hoe ek Maandag geskryf het van hoe die Voorsienigheid beweeg? Wel, soms hou daardie beweging buitengewone verrassings in. En ewe soms kan &#8216;n mens dan net jou kop in verdwasing skud. Ek het die gewoonte om plekke te &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[17],"tags":[32,19,24,37,29],"class_list":["post-130","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-boer-op-see","tag-beplanning","tag-doelwitte","tag-emmerskoplys-op-see","tag-kursusse-en-kwalifikasies","tag-verwagtinge"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/130","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=130"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/130\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":139,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/130\/revisions\/139"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=130"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=130"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=130"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}