{"id":14,"date":"2024-11-09T17:18:50","date_gmt":"2024-11-09T15:18:50","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=14"},"modified":"2024-11-09T17:27:44","modified_gmt":"2024-11-09T15:27:44","slug":"as-mens-kan-lees-kan-jy","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2024\/11\/09\/as-mens-kan-lees-kan-jy\/","title":{"rendered":"As mens kan lees, kan jy&#8230;"},"content":{"rendered":"\n<p>Wel, nie altyd nie!<br><br>Ek het in Oktober met groot fanfare en bravade &#8216;n hidroponiese tuintjie in my sitkamer aangel\u00ea, groeilig en al! My stiefpa, Tony, en ek het die hele oggend gewerk om &#8216;n tafeltjie en &#8216;n traliewerk aanmekaar te sit en orals vas te skroef. Al wat nog gekort het was die plante s\u00e9lf.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"473\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000108700-473x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-21\" srcset=\"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000108700-473x1024.jpg 473w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000108700-600x1299.jpg 600w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000108700-139x300.jpg 139w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000108700-709x1536.jpg 709w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000108700.jpg 739w\" sizes=\"auto, (max-width: 473px) 100vw, 473px\" \/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p><\/p>\n\n\n\n<p>Aangevuur deur al die kennis wat ek op die aanlynuniversiteit van YouTube bekom het, het ek met baie ywer voedingsgoete gemeng vir my plantjies om oornag soos oorle&#8217; Jan se boontjierank op te skiet hemelwaarts. <\/p>\n\n\n\n<p>En toe werk dit nie so goed nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Inteendeel, ek het met al my ywer my tamatieplantjies skoon doodgetroetel. Het vanoggend die morsdooie bossies in die asblik gegooi. Maar dit sal my ook leer om mooi te dink oor wat ek sien en lees! En om eerder my eie saailinge te maak as om kwekerysaailinge te probeer lewendig hou.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek koop al jare lank my groente- en kruiesaad by <a href=\"https:\/\/livingseeds.co.za\">Livingseeds<\/a>. Hulle is &#8216;n saadkwekery tussen Henley-on-klip en Vereeniging, en spesialiseer in erfenissaad. (Mens kan die plaas uit die lug uit sien as mens tussen Kaapstad en Johannesburg vlieg!) Daar is heelwat redes waarom ek by hulle saad koop, maar hier is net &#8216;n handvol:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Hulle het interessante saadvariante van omtrent elke moontlike groentesoort.<\/li>\n\n\n\n<li>Die saad is vars en verbasend flatervry &#8211; &#8216;n mens sit gereeld met meer saailinge as wat jy kan hanteer, want alles kom op!<\/li>\n\n\n\n<li>Hulle pryse is billik, en hulle lewer per koerier orals af.<\/li>\n\n\n\n<li>Hulle het hulle saad beskikbaar in &#8220;petite packs,&#8221; wat ideaal is vir tuistuiniers wat nie baie spasie het nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Daar is heelwat videos op YouTube, en hulle wys jou presies hoe om hulle produkte ten beste te benut.<\/li>\n\n\n\n<li>Hulle naverkoopdiens is fantasties, en dis &#8216;n plesier om met hulle besigheid te doen.<\/li>\n\n\n\n<li>Hulle ploeg terug in hulle gemeenskap in, en het een maal per maand &#8216;n &#8220;ope dag,&#8221; met lesings en plaastoere en waar hulle saadwinkeltjie oop is vir die publiek.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"576\" src=\"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000116101-1024x576.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-22\" srcset=\"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000116101-1024x576.jpg 1024w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000116101-scaled-600x338.jpg 600w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000116101-300x169.jpg 300w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000116101-768x432.jpg 768w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000116101-1536x864.jpg 1536w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000116101-2048x1152.jpg 2048w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/1000116101-421x237.jpg 421w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Ek het dus vanoggend deur my saadversameling geblaai en besluit om die volgende saad vir my tweede ronde in te span (verskoon die Engels, maar dis wat op die saadpakkie staan!):<\/p>\n\n\n\n<p>Komkommer: <a href=\"https:\/\/www.livingseeds.co.za\/boston-pickling.html?tracking=QkidIG6STroYwNq9cFWbMKr7j2OTLcom0GB286jn2Kq2s5Aof72ZcutsmNcKZHbh\">Boston Pickling<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Effense- tot mediumsterkte brandrissies: <a href=\"https:\/\/www.livingseeds.co.za\/early-jalapeno.html?tracking=QkidIG6STroYwNq9cFWbMKr7j2OTLcom0GB286jn2Kq2s5Aof72ZcutsmNcKZHbh\">Early Jalape\u00f1o<\/a>, <a href=\"https:\/\/www.livingseeds.co.za\/jalapeno-m.html?tracking=QkidIG6STroYwNq9cFWbMKr7j2OTLcom0GB286jn2Kq2s5Aof72ZcutsmNcKZHbh\">Jalape\u00f1o M<\/a>, <a href=\"https:\/\/www.livingseeds.co.za\/purple-jalapeno.html?tracking=QkidIG6STroYwNq9cFWbMKr7j2OTLcom0GB286jn2Kq2s5Aof72ZcutsmNcKZHbh\">Purple Jalape\u00f1o<\/a>, en <a href=\"https:\/\/www.livingseeds.co.za\/bulgarian-carrot.html?tracking=QkidIG6STroYwNq9cFWbMKr7j2OTLcom0GB286jn2Kq2s5Aof72ZcutsmNcKZHbh\">Bulgarian Carrot<\/a><\/p>\n\n\n\n<p>Tamaties: <a href=\"https:\/\/www.livingseeds.co.za\/polish-dwarf-tomato.html?tracking=QkidIG6STroYwNq9cFWbMKr7j2OTLcom0GB286jn2Kq2s5Aof72ZcutsmNcKZHbh\">Polish Dwarf<\/a> en <a href=\"https:\/\/www.livingseeds.co.za\/silvery-fir-tree-tomato.html?tracking=QkidIG6STroYwNq9cFWbMKr7j2OTLcom0GB286jn2Kq2s5Aof72ZcutsmNcKZHbh\">Silvery Fir Tree<\/a>. Albei is bostamatievari\u00ebteite wat goed in potte aard (op papier).<\/p>\n\n\n\n<p>En dan het ek natuurlik ook <a href=\"https:\/\/www.livingseeds.co.za\/swiss-chard-kaleidoscope.html?tracking=QkidIG6STroYwNq9cFWbMKr7j2OTLcom0GB286jn2Kq2s5Aof72ZcutsmNcKZHbh\">Kaleidoscope Blend<\/a> snybeet as &#8216;n blaargroente geplant. Daai groei nog mooi. Dalk omdat ek te lui was om kunsmis te gee. (Hehe.)<\/p>\n\n\n\n<p>Mense wat my goed ken sal seker wonder hoekom ek &#8216;n binnetuin nodig het as daar reeds &#8216;n welige potte-oerwoud op die stoep voor my woonstel bestaan. Die antwoord is baie eenvoudig: sodat die bure se onhebbelike telgies nie my groentetuin verwoes soos met vorige probeerslae nie!<\/p>\n\n\n\n<p>Ongelukkig het die huidige geslag kinders nie die vaagste benul waar groente en vrugte werklik vandaan kom nie. Hulle sien net die blaartjies in die potte en dink dis bossies wat uitgepluk moet word, min bewus daarvan dat daardie blaartjies die begin is van &#8216;n tamatieplantjie, of rissies, of selfs spruitkool (daai groen albastergrootte kooltjies waarvan niemand behalwe mense soos ek hou nie). En dis &#8216;n opvoedingstaak waarvoor ek regtig ook nie kans sien nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die tweede rede is omdat die Kratky-metode wat ek gebruik veronderstel is om redelik tot heeltemal Tessa-bestand te wees. Mens plant jou saadjies in &#8216;n groeimedium, doop daai saailinge in water (met die REGTE hoeveelheid voedingstof) en los hulle dat hulle groei. Dis tegelykertyd meer en minder moeite as om die groeibeddings aan &#8216;n visdam te koppel, want nou moet ek s\u00e9lf die nutri\u00ebnte uitpluis wat die plante benodig, maar ek hoef nie bekommerd te wees oor dooie visse oor ek vergeet om hulle kos te gee nie. En ek hoef ook nie te bekommer oor pompe en goed nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Met al die nuwe saadjies waar hulle behoort te wees, kom ons kyk hoe dit met die tweede ronde van die eerste probeerslag (of is die andersom?) sal gaan. Ek sien regtig daarna uit om Desember\/Januarie piekels en souse te maak met vrugte uit my eie tuintjie uit!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wel, nie altyd nie! Ek het in Oktober met groot fanfare en bravade &#8216;n hidroponiese tuintjie in my sitkamer aangel\u00ea, groeilig en al! My stiefpa, Tony, en ek het die hele oggend gewerk om &#8216;n tafeltjie en &#8216;n traliewerk aanmekaar &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[7],"tags":[12,10,11,13],"class_list":["post-14","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-binnetuin","tag-binnetuin","tag-hidroponika","tag-kratky","tag-saaityd"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=14"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":24,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/14\/revisions\/24"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=14"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=14"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=14"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}