{"id":152,"date":"2025-04-02T12:30:00","date_gmt":"2025-04-02T10:30:00","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=152"},"modified":"2025-04-02T05:50:30","modified_gmt":"2025-04-02T03:50:30","slug":"goedkoper-makliker-eenvoudiger-en-ligter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/04\/02\/goedkoper-makliker-eenvoudiger-en-ligter\/","title":{"rendered":"Goedkoper, makliker, eenvoudiger en ligter"},"content":{"rendered":"\n<p>Dit het lank geneem vir my om op &#8216;n boot tipe\/ontwerp te besluit. Aan die begin het ek geglo ek wil nie met seile, takelwerk en knope sukkel nie, en dat &#8216;n motorjag die enigste uitweg vir my is. My soektog na klaargeboude bote wat binne my (redelik beperkte) begroting val, het my net opnuut weer laat besef dat ek nie &#8216;n kans met &#8216;n tweedehandse boot wil waag nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Toe my kop net eers oopgegaan het, en ek met nuwe o\u00eb na verskillende moontlikhede begin kyk het, het die keuse duidelik begin raak. Wat ek vir myself wil bou, is &#8216;n ketch-tipe seilboot. &#8216;n Ketch het twee maste, wat die seiloppervlakte dramaties vergroot, en is bre\u00ebr as ander seiljagte. Dit verbeter stabiliteit in die water, al beteken dit ek gaan nie enige waterspoedrekords verbeter nie. Dit pas my soos &#8216;n handskoen. Hoedspoed is in elk geval meer my styl.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Keuse van boumateriaal<\/h2>\n\n\n\n<p>Wat hierdie stel planne spesiaal maak, is dat daar drie bou-opsies is vir die romp. Die eerste is &#8216;n tradisionele hout-en-veselglas romp. Hout is duur, veral die hardehoutbalke wat ek sal moet laat invoer. Die tweede opsie is suiwer veselglas. Ek kon egter n\u00earens in Suid-Afrika die &#8220;veselglasplanke&#8221; opspoor wat in die bouplan gespesifiseer word nie, en ek gaan myself nie doodsoek nie. Dit laat opsie nommer drie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die derde opsie is om &#8216;n &#8220;foamie&#8221; te bou &#8211; &#8216;n laag skuimrubber tussen twee lae glasvesel. Daar is heelwat voordele aan di\u00e9 konstruksiemetode. <\/p>\n\n\n\n<p>Die produkte is maklik plaaslik bekombaar. Isolasie-skuimrubber is plooibaar en kan met &#8216;n matmes gesny word, alhoewel &#8216;n elektriese figuursaag meer prakties is. Daarby is dit herwinbaar, brandbestand en ook bestand teen die meeste chemiese middels.  Dis ook baie lig, wat beteken die le\u00eb romp kan deur &#8216;n halfdosyn mense opgetel en gedra word. Dit is die hoofrede hoekom ek op hierdie boumetode besluit het: Die romp kan maklik op sy sy gedraai word om deur die werkswinkel se deur te kom, wat beteken ek hoef nie bekommerd te wees oor vassit nie. Die binnepanele kan dan klaar gesny en voorberei word en gepas word wanneer die boot reeds op die water is, met die motor ge\u00efnstalleer. Dit sal die werk baie vergemaklik.<\/p>\n\n\n\n<p>Die hoeveelheid veselglaswerk is dieselfde, ongeag watter metode ek kies, so ek berei myself solank sielkundig voor vir lang ure se skuurwerk met &#8216;n vol oorpak en industri\u00eble stofmasker. <\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">&#8216;n Eko-verantwoordelike aandrywingstelsel<\/h2>\n\n\n\n<p>Elektriese motors vir bote is nie nuut nie, maar nie algemeen nie. Die meeste bote het dieselenjins, ongeag of hulle kragbote of kragseilbote (motorised yachts) is. &#8216;n Dieselenjin was nooit vir my &#8216;n opsie nie. Diesel is raserig, rokerig en die brandstof is duur! Daarby het ek deur die loop van my navorsing te veel stories gelees en videos gesien van mense wat in die middel van die see gestrand is met een of ander meganiese probleem. Die elektriese motor &#8211; daarenteen &#8211; is stil, skoon en selfonderhoudend, met batterye wat volgehou word deur &#8216;n kombinasie van sonpanele, &#8216;n windkragopwekker en om van tyd tot tyd by die kragpunte by kleinboothawens ingeprop te wees. Dis &#8216;n 48V-stelsel, en ek kan dit self regmaak, met telefoniese raad van die tegniese span af.<\/p>\n\n\n\n<p>&#8216;n Ander voordeel is dat die boot se &#8220;huis&#8221; elektriese stelsel ook deur die aandrywingstelsel se batterybank gedra kan word. Dit maak die bedrading baie eenvoudiger. Die spasie wat normaalweg deur &#8216;n dieseltenk ingeneem sou word, kan nou \u00f3f deur elektriese katoeters gevul word, of gebruik word vir pakplek. Laasgenoemde is meer waarskynlik.<\/p>\n\n\n\n<p>&#8216;n Ander aspek wat ek wil uitlig in hierdie beplanningsproses, is dat ek nie gastoebehore in die boot wil h\u00ea nie. Die idee van &#8216;n gasontploffing aan boord in die middel van die Stille Oseaan gee my nagmerries. As die ekstra geld wat ek aan &#8216;n hipermoderne elektriese stelsel uitgee bydra tot my gemoedsvrede, is dit geld wat uiters goed spandeer word.<\/p>\n\n\n\n<p>(Ek sou in elk geval enige dieselenjins en gastoebehore uitgehaal en vervang het, so die uitgawe is nie skielik anders nie. Die moeite is net minder!)<\/p>\n\n\n\n<p>Die maste, seile en takelwerk sal deur &#8216;n maatskappy in Kaapstad aanmekaargesit en ge\u00efnstalleer word, volgens die planspesifikasies. Daardie mense is die eksperts, so ek sal hulle oordeel vertrou.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">&#8216;n Steil leerkromme<\/h2>\n\n\n\n<p>Ek was nog nooit op see nie. Nie eens op &#8216;n Maandag nie. Ek het ook nog nooit eens op &#8216;n dam geseil nie. Wat ek dus nou wil aanpak is heeltemal uit die bloute uit en teen alle verwagtinge in. Dit tersyde, is daar niks wat my keer om te leer nie. Daar bestaan heelwat teoretiese en praktiese kursusse wat my gaan help om die nodige kwalifikasies te bekom vir my oopwaterbootlisensie en alhoewel ek vermoed ek baie ouer as my klasmaats gaan wees, en een van min vroue, is daar nie struikelblokke in my pad na die nodige kennis nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die regte leerproses, soos met motor bestuur, sal aanbreek sodra ek die nodige papierwerk in my waterdigte l\u00eaer het en met my boot begin beweeg. Daar is by my absoluut geen twyfel dat die boot se konstruksie stewig sal wees nie &#8211; ek ken myself en my vaardighede teen di\u00e9 tyd! &#8211; maar die selfvertroue om vrou-alleen hierdie redelik groot ketch te hanteer sal met tyd kom. Daar is plek vir &#8216;n bemanning, maar dis nie iets waarop ek reken nie, so ek beplan meer solo-reise as enigiets anders. Ek het dus heelwat om te lees, videos om te kyk, ervare seevaarders om mee te gesels en praktiese ervaring om op te doen.<\/p>\n\n\n\n<p>Daar is &#8216;n spreekwoord wat lui dat goeie matrose nie uit &#8216;n kalm see ontwikkel nie. (&#8220;Calm seas don&#8217;t make good sailors!&#8221;) Dis een plek waar die Kaap van Storms definitief &#8216;n bydrae gaan lewer. Nee, ek gaan nie doelbewus moeilikheid soek nie &#8211; so roekeloos en onnosel is ek nie &#8211; maar as dit op my pad kom, wil ek weet dat ek dit rustig kan hanteer. Dis ook nog &#8216;n rede hoekom ek my eie boot wil bou. Ek wil weet wat ek onder en om my het.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Die finansi\u00eble sy van die saak<\/h2>\n\n\n\n<p>Robert Kyosaki het &#8216;n bordspeletjie ontwikkel om mense te leer hoe om anders oor geld te dink. Hy noem dit <em><a href=\"https:\/\/bit.ly\/4i0eZFf\">Cashflow 101<\/a><\/em>. Dis soos Monopoly, maar met regte geldsituasies waarmee mense in hulle daaglikse lewe te doen kry. Daar is struikelblokkies waarop &#8216;n speler kan beland, en een van hulle is &#8216;n <em>doodad<\/em>. &#8216;n <em>Doodad<\/em> is iets wat nie geld inbring nie, maar waarop jy elke maand geld moet bestee, soos &#8216;n luukse voertuig. En die ergste van hulle wat &#8216;n speler kan tref, is om &#8216;n boot te moet koop! <\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie droom gaan my elke sent kos wat ek het, en &#8216;n paar wat ek nog moet verdien. Die duurste enkele uitgawe is die elektriese motor en al die katoeters daar rondom. &#8216;n Ander geweldig duur stuk gereedskap is die &#8220;watermaker&#8221;. Dis opsioneel, maar ook eintlik ni\u00e9, want di\u00e9 omgekeerde osmose-sisteem het die vermo\u00eb om seewater te ontsout vir drink- en wasdoeleindes en kan my tyd op see verleng en vergemaklik.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan weet almal wat al ooit &#8216;n huis gebou het dat die duur deel van die huis nie die struktuur is nie, maar al die fieterjasies wat deel vorm van die finale afwerking, soos kashandvatsels en ligskakelaars. Bote is nie anders nie. Daar is baie relings en handvatsels en skakelaars en elektronika wat bepaal of &#8216;n boot seevaardig is al dan nie, so daardie goed is nie onderhandelbaar nie. En dis &#8216;n paar Rand hier en &#8216;n paar Rand daar en op die ou end word dit baie geld wat uitgegee moet word, teen wil en dank.<\/p>\n\n\n\n<p>So&#8230; hoe gaan ek dit alles bekostig?<\/p>\n\n\n\n<p>Die eerste stap is om my woonstel te smous. Danksy die padongelukkefonds het ek &#8216;n groot kontantdeposito kon neersit, en die plek is so te s\u00ea afbetaal. Ek is seker ek kan &#8216;n redelike wins maak, want dis &#8216;n eenslaapkamerwoonstel wat baie sentraal is. Nee, ek gaan dit nie verhuur nie. Ek weet wat se skade huurders kan aanrig en ek het geen begeerte om verantwoordelikheid te aanvaar nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek gaan ook &#8216;n groot deel van my pensioengeld in hierdie projek instoot. Nie alles nie, maar genoeg om &#8216;n massiewe risiko te loop. Ek het hierdie saak nou-al lank bedink en bebid (vandat ek die eerste keer my werk wou los en padgee) en ek het rustigheid oor die saak. Dit skep egter &#8216;n probleem, want&#8230; <em>doodad<\/em>!<\/p>\n\n\n\n<p>Wat ek wil doen, is om hierdie vryheid in &#8216;n projek te omskep. Die projek het klaar &#8216;n naam: <strong>Pindrop<\/strong>! Ek wil die hele proses van boot bou, die burokrasie agter bootvaart, die opleidingsproses en so aan dokumenteer en die videos op YouTube sit. Ek glo daar sal genoeg belangstelling wees, want vroue wat bote bou en alleen vaar is nie so algemeen nie. En ongeag my geslag, sal die bootbouproses nog steeds interessant wees, veral hier in Suid-Afrika. Die tweede deel van Pindrop is die reisjoernaal. As deel van my seilervaring (&#8216;n mens moet &#8216;n sekere hoeveelheid tyd op die water deurbring om ervaring op te doen voor jy jou oopseesertifikasie kan bekom) wil ek letterlik die kus verken van Mosambiek af tot by Namibi\u00eb, by al die kusdorpies met vissersgemeenskappe aandoen, bietjie geskiedenis uitvind en toeristeplekke besoek en dit ook aanlyn deel. Die hele gedagte agter Pindrop is &#8220;Jy is nou hier.&#8221; Soos wanneer &#8216;n mens vir iemand jou posisie op &#8216;n GPS-kaart stuur. Dis beide &#8216;n beginpunt en &#8216;n eindbestemming en nie noodwendig net van toepassing op letterlike navigasie nie. Dit kan ook &#8216;n metafoor wees van &#8220;ek is nou hier, en ek is op pad na iewers toe,&#8221; om ander te inspireer om ook hulle drome te volg.<\/p>\n\n\n\n<p>Deur verskeie meganismes in te span (onder andere YouTube se irriterende advertensies), kan ek hierdie videos in &#8216;n inkomste omskep. Baie hang natuurlik af van hoeveel mense na hulle kyk. Ek glo nie in die filosofie van &#8220;if you build it, they will come&#8221; nie. Dis na\u00efef. Maar ek wou nog altyd &#8216;n filmregisseur gewees het en miskien is dit nou die geleentheid daarvoor. My grootste vrees is om my naam voor die kamera krater te maak, maar almal moet iewers begin. EN daar is weer eens &#8216;n kursus of ses wat ek kan loop om my mooi te leer hoe om &#8216;n goeie YouTube video te skep, met al die nodige selfvertroue en redigeertegnieke. Nie AI nie.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Ten Slotte<\/h2>\n\n\n\n<p>Soos met my uitstappie Oekra\u00efene toe in 2024, is ek op hierdie stadium besig om so veel inligting as moontlik uit alle moontlike perspektiewe te versamel. Hierdie is &#8216;n d\u00fa\u00far droom, wat my lewe letterlik op die spel plaas, en dis die een situasie waar daar nie ruimte is vir dom foute nie. Ek weet nou hoe ruimtebeheersentrumpersoneel (lekker lang woord!) werk &#8211; elke moontlike hoek moet bestudeer en bestuur word. Dis erg stresvol, want ek stel myself hier bloot en mense is genadeloos, maar as &#8216;n mens nie bereid is om te doen wat niemand anders wil doen nie, gaan jy nooit kan leef soos wat niemand anders kan leef nie. En niks wat die moeite WERD is, kom sonder moeite nie. (Dankie, Kleintjom!)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit het lank geneem vir my om op &#8216;n boot tipe\/ontwerp te besluit. Aan die begin het ek geglo ek wil nie met seile, takelwerk en knope sukkel nie, en dat &#8216;n motorjag die enigste uitweg vir my is. My &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":155,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[17,27],"tags":[32,19,29],"class_list":["post-152","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-boer-op-see","category-voorbereiding-vir-n-nuwe-loopbaan","tag-beplanning","tag-doelwitte","tag-verwagtinge"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/Id-Rather-Be-Single-Than-Be-In-A-Relationship-That-Makes-Me-Feel-Alone.-640x427-1.jpg","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/152","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=152"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/152\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":156,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/152\/revisions\/156"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/155"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=152"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=152"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=152"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}