{"id":179,"date":"2025-04-10T08:30:00","date_gmt":"2025-04-10T06:30:00","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=179"},"modified":"2025-04-10T02:57:01","modified_gmt":"2025-04-10T00:57:01","slug":"voeg-grinnik-hier-in","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/04\/10\/voeg-grinnik-hier-in\/","title":{"rendered":"Voeg grinnik hier in…"},"content":{"rendered":"\n
Ek moet my mense beter kies.<\/p>\n\n\n\n
Nee, nie omdat hulle goor, nare, onnosel mense is nie. Inteendeel. Die mense in my lewe is meestal baie gaaf en skerp. Maar omdat hulle skerp is, vra hulle vrae. En omdat hulle vrae vra, moet ek dink. En sodra ek dink, kom ek agter daar is \u2018n beter idee wat ek kan implementeer. En dan verander die plan heeltemal!<\/p>\n\n\n\n
Ek het die hele elektriese motor-idee laat vaar. Dis geweldig duur en glad nie koste-effektief nie. Ek wil nie \u201ccheap\u201d bou ten koste van veiligheid nie, maar daar is beter en goedkoper maniere. Wat ek wil doen, is om \u2018n klein dieselenjintjie te laat inbou. Deesdae se dieselenjins in geweldig brandstofdoeltreffend en kragtig en \u2018n mens hoef nie iets massiefs te h\u00ea vir die hoeveelheid aandrywing wat ek op die boot nodig het nie. Dis ook \u2018n 90% kostebesparing! <\/p>\n\n\n\n
Wat ek ook kan doen, is om \u2018n stel 12V-\u201chuisbatterye\u201d in parallel te installeer waarmee ek die boot se elektriese en elektroniese toerusting kan aandryf. Daar sal dus twee elektriese stelsels wees \u2013 een vir die aandrywing en boot-elektronika \u2013 en een vir my gemak! Ek kan hulle altyd op \u2018n manier met mekaar in verband bring, so niks is \u2018n ramp nie. Net goedkoper.<\/p>\n\n\n\n
Ek reken die meeste besluite rakende die aard van die boot is nou geneem, en daardie aspek van die bouwerk kan nou te ruste gel\u00ea word. Ek het Wouter se raad ter harte geneem, en \u2018n Excel-spreitabel opgestel van wat wanneer waar en deur wie moet gebeur. Parkinson se wet is \u2018n werklikheid, en my teikendatum is nie onderhandelbaar nie. Wel, MEESTAL nie!<\/p>\n\n\n\n
Nou wat nou?<\/p>\n\n\n\n
Ek het die saak uit alle moontlike aspekte uit beskou, en daar is nie \u2018n manier waarop ek my huidige omstandighede kan behou terwyl ek die boot bou nie. Daar is nie \u2018n lewensmaat in die prentjie waarop ek kan reken om die pot aan die kook te hou nie. Wat ek dus moet uitwerk is hoe om die proses te moneteer, sodat ek nog steeds geld kan verdien en myself aan die lewe hou terwyl ek met hierdie projek besig is.<\/p>\n\n\n\n
Daarby moet die inkomste semi-passief wees. En dit moet ordentlik gedoen word. Een keer en kl\u00e1\u00e1r, volgens Permakultuurfilosofie.
Wat ek gereken het, is om \u2018n vlog op YouTube te skep om my vordering te dokumenteer, en dan ook \u2018n Patreonblad vir donasies en s\u00f3. (Sal nog sien oor laasgenoemde \u2013 ek weet nie of die idee van \u2018n bedelbakkie baie gepas is nie!)<\/p>\n\n\n\n
My grootste vrees is om met \u2018n kamera te gesels. Daarby is ek nie baie mal oor opnames van my eie stem nie. Dit klink vreemd en oordrewe asemrig. Ja, ek weet laasgenoemde het per ongeluk gebeur, maar dit is een van die min dinge waaroor ek geweldig selfbewus is. Ek troos myself dat al die YouTube en TedX sprekers ook eens was waar ek nou is, voor hulle baie goed geword het. So ja, ek gaan leer. Elke dag 30 minute se monoloog, met \u2018n draaiboek voor my, tot ek selfvertroue het en minder uhm en ahh. En as die bouwerk dan afskop, kan ek my eie stemwerk doen. AI is uitstekend as \u2018n mens iemand aan die slaap wil sus, en ek wil outentiek wees met wat ek doen. Dus\u2026<\/p>\n\n\n\n
Nou dat ek besluite geneem het oor die meeste van die \u201cgroot\u201d goed, kan ek vir die volgende ses maande daarop konsentreer om elke dag een stap te neem wat my nader aan hierdie doelwit bring. Dit hoef nie massiewe stappe te wees nie \u2013 bietjie inligting hier, \u2018n kursus daar, maar elke stukkie vaardigheid wat ek nou opdoen sal help wanneer ek dit nodig het.<\/p>\n\n\n\n
En ek kort \u2018n groot skep emosionele weerbaarheid. Die \u201cvibes\u201d wat ek tot dusver gekry het van mense met wie ek te doen het, wissel van \u201cWie de hel dink jy is jy?\u201d tot by \u201cWat weet \u2018n vrou van boot bou?\u201d en met \u2018n bietjie \u201cJy wil w\u00e1t??!\u201d tusseningesprinkel. Dis min of meer dieselfde emosies waarmee ek moes sukkel toe ek my Oekra\u00efense uitstappie beplan het. Maar ek is lus om daai manlike chauvinisme in die verkoops-dude se\u2026 jaw\u00e9l\u2026 op te druk. Ek sal nie, want ek wil graag die spons koop om die boot mee te bou, maar ek is baie trots op my selfbeheersing.<\/p>\n\n\n\n
Die prentjie is duidelik, nie net in my kop nie, maar nou ook op papier. Ek is besig met \u2018n kostebepaling, wat baie minder is as wat ek aanvanklik gedink het dit sal wees (maar nog steeds duur!), en om \u2018n lys op te stel van toerusting vir beide die bouwerk en die boot s\u00e9lf. Deesdae se bote het meer elektroniese speelgoed as wat ek gedink het, al is hulle dieselaangedrewe, alles om veiligheid op see te bevorder.<\/p>\n\n\n\n
Hierdie projek, edeldierbare leser, is nie net moontlik nie, maar op party plekke selfs verspot maklik! Dit gaan werk kos, en (beslis) \u2018n paar woorde wat nie sosiaal aanvaarbaar is nie, maar ek h\u00f3\u00fa van hierdie uitdaging. Ek as ek van iets hou, word dit gewoonlik deurgevoer. <\/p>\n\n\n\n
Ek is \u2018n vrou. Ek gaan \u2018n boot bou. Deel daarmee!
<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Ek moet my mense beter kies. Nee, nie omdat hulle goor, nare, onnosel mense is nie. Inteendeel. Die mense in my lewe is meestal baie gaaf en skerp. Maar omdat hulle skerp is, vra hulle vrae. En omdat hulle vrae …<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[17,39],"tags":[32,19,29],"class_list":["post-179","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-boer-op-see","category-kopskuiwe","tag-beplanning","tag-doelwitte","tag-verwagtinge"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/179","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=179"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/179\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":186,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/179\/revisions\/186"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=179"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=179"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=179"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}