{"id":217,"date":"2025-04-25T23:54:13","date_gmt":"2025-04-25T21:54:13","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=217"},"modified":"2025-04-26T00:01:04","modified_gmt":"2025-04-25T22:01:04","slug":"per-toeval-se-voet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/04\/25\/per-toeval-se-voet\/","title":{"rendered":"Per toeval se&#8230; voet!"},"content":{"rendered":"\n<p>Ek glo nie aan toeval nie. Wat my betref, gebeur dinge in &#8216;n mens se lewe altyd met &#8216;n doel. Dis nie noodwendig altyd JOU doel nie &#8211; soms is daardie doel iemand anders s&#8217;n &#8211; maar niks gebeur ooit sommernet nie. Daarmee saam, glo ek ook dat &#8216;n mens nie alewig vir &#8216;n rede moet soek nie. Dis &#8216;n mors van energie, want die rede word meestal eers na &#8216;n hele lang ruk duidelik. Daardie perfekte retrospeksie&#8230;<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het vandag deur my Facebook-kommentare geblaai en afgekom op daardie lys van mense wat Mnr Zuckerberg reken jy dalk miskien moontlik mag ken. En op daardie lys was &#8216;n naam wat ek nie gedink het ek ooit weer sou sien nie. Maar ek sal die storie moet vertel.<\/p>\n\n\n\n<p>Dis nou net meer as &#8216;n jaar gelede dat ek uit Oekra\u00efene uit terug is. Ek het gegaan as &#8216;n toeris(!!!) om te kyk hoe dit lyk, maar ook om met mense te gesels en uit te vind wat hulle so besonders maak. Ek het woonstelle gehuur, en presies gedoen wat Oekra\u00efene doen &#8211; kruideniersware gekoop, in die parke middagete ge\u00ebet, moltreine, oppervlaktreine, busse, trems en taxis gery en verder gedoen wat ek baie goed doen &#8211; met mense gesels! Baie radbraak, met my bietjie Oekra\u00efens wat soms beter was as hulle Engels (Google Translate tot die redding!), maar ons kon mekaar so op &#8216;n manier verstaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het Olga leer ken op my laaste dag in Dnipro. Die dag dat ek uit daardie stad uit moes vertrek, is die busstasie deur &#8216;n missielaanval in puin gel\u00ea, saam met &#8216;n groot deel van &#8216;n woonstelblok. Dit was een van daardie dae wat altyd in my geheue sal vassteek: die amper gewyde stilte wat heers en wat net verbreek word deur die geluid van glasstukke wat &#8216;n blok verder opgevee word, en die reuk van gebrande beton.<\/p>\n\n\n\n<p>Vanselfsprekend was die vervoerstelsel in absolute chaos gedompel, met dosyne busse se passasiers wat almal na &#8216;n buswasplek gekanaliseer is, strate wat afgesper is en net taxibusse wat daar kon in. Van Niekerk bel toe die nommer op die buskaartjie, maar niemand daar praat Engels nie, en dis nie &#8216;n situasie wat in my radbraak Oekra\u00efens beredder kan word nie. Vyf minute na &#8216;n baie frustrerende oproep, kom die boodskap op <em>Telegram<\/em> deur. Van ene Olga. (<em>Telegram<\/em> vertaal boodskappe outomaties, en dit is die toep wat meestal gebruik word!) Sy kry dit nie net reg om my bloeddruk heeltemal tot bedaring te bring nie, maar sy het &#8216;n alternatiewe vervoerplan en sy gesels met my vir seker twee ure om seker te maak ek is rustig en kalm en veilig. Sy bly in Kremenchuk, &#8216;n belangrike stad op die Dniprorivier (Daar is &#8216;n groot hidro-elektriese waterskema.) en alhoewel my vervoer daardie dag daar gestop het, het ons nooit persoonlik ontmoet nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Vanoggend, toe ek haar naam en foto sien, het ek onthou dat ek nooit haar nommer uitgevee het nie, en het dadelik vir haar &#8216;n boodskap gestuur. Op Telegram, natuurlik! Sy het onmiddellik my naam herken, en dis asof ons nooit kontak verloor het nie. <\/p>\n\n\n\n<p>En toe stuur sy my &#8216;n Internetskakel, want sy reken dis iets waarin ek sal belang stel. <a href=\"https:\/\/divergentwoman.com\">Divergentwoman.com.<\/a> En my dag is sommer lekkerder!<\/p>\n\n\n\n<p>Oekra\u00efene is (meestal &#8211; daar is uitsonderings!) r\u00e1\u00e1kvatters. Iemand het vanoggend op Twitter\/X ges\u00ea dat hulle ingenieurs amper enigiets met &#8216;n skuifspeld en kougom kan regkry, en dis nie &#8216;n vergesogte gedagte nie. Maar wat daardie land vir my absoluut besonders gemaak het, is die manier hoe mense mekaar ondersteun, en ook hoe vroue oral betrokke raak en leiding neem, sonder om mekaar te probeer ondermyn. Oekra\u00efense mans waardeer hulle sterk vroue ook geweldig baie &#8211; daar is nie ego&#8217;s op die spel nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Ek is hopeloos te ver om by daardie bemagtigingsorganisasie betrokke te raak, maar niks keer my om hier waar ek is &#8216;n verskil te maak aan die omstandighede van vroue rondom my nie, al is dit net deur hulle te bemoedig. Elke samelewing het sterk vroue nodig, want dis waar die verskil gemaak word.<\/p>\n\n\n\n<p>Dankie, Olga, dat jy my herinner het dat &#8211; ondanks al die aaklighede &#8211; mense steeds in Oekra\u00efene l\u00e9\u00e9f!<\/p>\n\n\n\n<p>Heroyam Slava!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek glo nie aan toeval nie. Wat my betref, gebeur dinge in &#8216;n mens se lewe altyd met &#8216;n doel. Dis nie noodwendig altyd JOU doel nie &#8211; soms is daardie doel iemand anders s&#8217;n &#8211; maar niks gebeur ooit &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":218,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[45,44],"class_list":["post-217","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-algemeen","tag-bemagtiging","tag-sterk-vroue"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/04\/GIJAdFbW4AA9k3i.jpeg","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/217","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=217"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/217\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":221,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/217\/revisions\/221"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/218"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=217"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=217"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=217"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}