{"id":222,"date":"2025-05-04T20:06:00","date_gmt":"2025-05-04T18:06:00","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=222"},"modified":"2025-05-04T22:19:48","modified_gmt":"2025-05-04T20:19:48","slug":"om-my-habitat-te-ontvurk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/05\/04\/om-my-habitat-te-ontvurk\/","title":{"rendered":"Om my habitat te ontvurk"},"content":{"rendered":"\n<p>Kyk, ek kan van baie dinge beskuldig word, maar om &#8216;n huisvrou te wees is nie een van hulle nie. Daar is ander goed wat ek eerder wil doen, en daardie goed gebeur gewoonlik eerste! Dis hoekom ek iemand betaal om elke twee weke my woonstel te kom uitmop en afstof, en so aan en dies meer. (Ja, sy kry baie meer as wat die regering voorstel!)<\/p>\n\n\n\n<p>Die probleem is dat daar dertien(!!!) dae is waarin daar NIE iemand is nie, en dis nogal wanneer die chaos opbou.<\/p>\n\n\n\n<p>En toe ontdek ek &#8216;n boek! Met &#8216;n baie interessante titel: <a href=\"https:\/\/bit.ly\/4lLVpj2\" data-type=\"link\" data-id=\"https:\/\/bit.ly\/4lLVpj2\">Unf*ck your Habitat<\/a>. Dis gemik op amper-opgaarders soos ekke, en kinders van opgaarders (wat ek nou nie het nie). <\/p>\n\n\n\n<p>Die premis van die boek is dat &#8216;n mens nie &#8216;n marathon-skoonmaaksessie moet h\u00ea nie, want dit breek gewoonlik &#8216;n mens se moed, maar eerder elke dag &#8216;n paar stukkies moet afhandel in 20-minute sarsies, en oor naweke &#8216;n paar ekstra van daardie kort sarsies inwerk. Op daardie manier bly die plek min of meer ongevurk en skoon sonder dat mens moedeloos raak en eerder ander goed doen. Het gisteraand &#8216;n sessie gedoen, en &#8211; raai wat?! &#8211; my lessenaar se oppervlak is sigbaar! Dis &#8216;n houtlessenaar, vir die rekord. Gaan vanmiddag gou my yskas aanpak. Dis relatief leeg, en as die ou kos uitgesorteer is, sal dit amper heeltemal leeg wees! Dan kan ek kombuisskoonmaakgoed spuit en afvee en dan is die yskas reg vir Maandag en vars goed vir Meimaand.<\/p>\n\n\n\n<p>(En dan gaan my Afrikaans-onderwysers die horries kry!)<\/p>\n\n\n\n<p>My grootste rede vir hierdie radikale ommeswaai is dat ek &#8216;n &#8220;netjiese leefstyl&#8221; wil aanleer. Kom ons wees eerlik &#8211; &#8216;n slons gaan nie oorleef op &#8216;n boot nie! Dis so maklik en ingewikkeld as dit!<\/p>\n\n\n\n<p>Dus&#8230;<\/p>\n\n\n\n<p>Ekke gaan nuwe netjies-gewoontes moet aanleer, teen wil en dank. Elke dag bietjie beter tot ek halfpad so netjies is as wat my ma my graag wil h\u00ea. En dan bietjie meer tot ek seker is ek sal nie in die donker my been breek nie. Of deur iets aangeval word nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons sal maar almal hierdie spasie dophou.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kyk, ek kan van baie dinge beskuldig word, maar om &#8216;n huisvrou te wees is nie een van hulle nie. Daar is ander goed wat ek eerder wil doen, en daardie goed gebeur gewoonlik eerste! Dis hoekom ek iemand betaal &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":234,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[39],"tags":[19],"class_list":["post-222","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kopskuiwe","tag-doelwitte"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/freepik__the-style-is-modern-and-it-is-a-detailed-illustrat__27045.jpeg","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/222","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=222"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/222\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":233,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/222\/revisions\/233"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/234"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=222"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=222"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=222"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}