{"id":29,"date":"2024-11-30T12:30:40","date_gmt":"2024-11-30T10:30:40","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=29"},"modified":"2024-11-30T12:31:53","modified_gmt":"2024-11-30T10:31:53","slug":"wanneer-weghol-n-opsie-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2024\/11\/30\/wanneer-weghol-n-opsie-word\/","title":{"rendered":"Wanneer weghol ‘n opsie word"},"content":{"rendered":"\n
Om pad te gee en iewers anders oor te begin, het nog altyd vir my na ‘n lafaard se uitweg gelyk. ‘n Mens moet mos ruggraat toon en jou probleme van aangesig tot aangesig hanteer en uitsorteer, nie waar nie? Maar die laaste ruk begin ek agterkom dat my hele menswees besig is om stadig maar seker te verskrompel. Ek het net doodeenvoudig nie meer die energie om enigiets te “hanteer” nie.<\/p>\n\n\n\n
Ek het twee opsies.
Die eerste een is om iewers op die platteland in Suid-Afrika ‘n groot, le\u00eb erf te koop, ‘n pondokkie daarop te bou en my agterplaasboerdery hier ter plaatse te bedryf. Dis nie veilig nie – ons het ‘n hemelho\u00eb misdaadsyfer in Suid-Afrika – en ek sal altyd vrou-alleen op my eiendom bly, wat ‘n ope uitnodiging is vir boosdoeners. Die positiewe kant is dat ek darem weet wat ek hier het. Dis bekend(erig). En gemaklik. Al is dit ‘n radikale leefstylverandering.
Die tweede een is om letterlik my tentpenne uit te ruk, en met alles wat ek het Oekra\u00efene toe te skuif. Dis tegelykertyd spotgoedkoop en peperduur. Spotgoedkoop, want eiendom op die platteland daar kos ‘n appel en ‘n ei, vervoer is maklik en bekostigbaar en om daar ‘n agterplaasboer te wees is nie net sosiaal aanvaarbaar nie, maar ‘n historiese norm. Daar is orals markte en ander hulpbronne vir kleinboere.
Die duur deel is die koste om daar te kom en daar te bly. Die maklikste manier om ‘n permanente verblyfpermit te bekom, is om ‘n besigheid daar te begin. MAAR die inkoopkoste is \u20ac100k. Ek het die fondse beskikbaar, as ek alles bymekaartel, maar dan moet ek letterlik van voor af begin. Sien ek kans daarvoor? Ek weet nie.
Ek ken nie mense wat sulke goed doen nie. YouTube videos wys altyd ryk Amerikaners wat hulle IT werk opskop om ‘n plek in die boendoes te begin. Of Engelse wat met hulle sterk Pond-geldeenheid net doodeenvoudig iewers instap en oorneem. En dis gewoonlik in hulle eie land, al is dit dalk in ‘n ander staat (in geval van die VSA).
Miskien is ek ook te oud. Amper 50. Mense doen sulke mal goed in hulle 20’s, nie waar nie? En ek het ‘n werk, en ek moet seker dankbaar wees dat ek ‘n werk het, of hoe? Ek moet leef volgens die oorgelewerde verordeninge van ‘n beskaafde samelewing, al geld geen van daai re\u00ebls meer vandag nie. Ja, ek is geweldig negatief. Dit voel net meestal vir my of ek niemand het met wie ek kan praat nie. Al my “naastes” vertel net altyd vir my hoe ek maar net moet voortfoeter, want dis hoe dit moet wees. En ek is al goed lus om die hele spul in hulle naaste peetjie in te stuur. Dan het ek regtig niemand meer nie.
Hierdie is my opsies. Albei van hulle is lewensvatbaar. En albei gaan ‘n massiewe gemaksone-skudding veroorsaak.
Ander nuus…!
My tweede ronde komkommerplantjies kom mooi aan. Hierdie keer het ek mooi gelet op die suurgehalte van die water (hulle groei nie in grond nie) wat ek hulle gee en hulle het al drie al hulle tweede stel blare. Ek sal hierdie week groot netpotte en kleibolletjies koop en hulle in hulle permanente huis inplant. Dis 10-liter emmers met die regte woema-voedingstowwe vir honger plante soos komkommers en pampoen. En natuurlik sal ek die water se suurgehalte goed moet instel, maar nou dat ek weet waarna om te kyk, is dit nie ‘n drama nie.
O ja. En ek het skorsiepitte geplant en twee van hulle het opgekom! Dit is ook ‘n mengsel en ek het geen idee wat se tipe murgpampoentjies dit sal wees nie. Ek hou van murgpampoentjies, so dis nie ‘n ramp nie! Sal hulle ook volgende naweek in hulle emmers oorplant. Sal interessant wees om te sien watter van hulle of die komkommers vaar die beste. Dieselfde kosmengsel, dieselfde plantmetode, dieselfde rankstellasie.<\/p>\n\n\n\n
Dis my nuus. Sal anderdag weer en meer skryf.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Om pad te gee en iewers anders oor te begin, het nog altyd vir my na ‘n lafaard se uitweg gelyk. ‘n Mens moet mos ruggraat toon en jou probleme van aangesig tot aangesig hanteer en uitsorteer, nie waar nie? …<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":33,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[15,12],"class_list":["post-29","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-algemeen","tag-besluite-en-keuses","tag-binnetuin"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/Groenteprodukte.jpg","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/29","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=29"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/29\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":34,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/29\/revisions\/34"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/33"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=29"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=29"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=29"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}