{"id":378,"date":"2025-10-03T08:45:00","date_gmt":"2025-10-03T06:45:00","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=378"},"modified":"2025-10-02T14:31:47","modified_gmt":"2025-10-02T12:31:47","slug":"permakultuurbeginsels-4-pas-selfregulering-toe-en-aanvaar-terugvoer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/10\/03\/permakultuurbeginsels-4-pas-selfregulering-toe-en-aanvaar-terugvoer\/","title":{"rendered":"Permakultuurbeginsels 4: Pas selfregulering toe en aanvaar terugvoer"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Eenvoudig gestel: moenie bang wees om veranderings te maak as iets nie werk nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat dit behels is om voortdurend jou oog op jou tuin te hou en om nie bang te wees om &#8216;n plant wat voortdurend sukkel te vervang met iets wat beter aard nie. Dit beteken ook dat jy oop moet wees daarvoor om uit jou foute te leer en nie bang te wees vir nuwe idees nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Uit wat ander Permakultuurpraktisyns reggekry het (soos Geoff Lawton wat piesangbome in die Dooie See-vallei aan die groei het), weet ek dat Permakultuur mikroklimaatsveranderinge tot gevolg kan h\u00ea. Ho\u00ebr grondwatervlakke, minder erosie, bogrond wat geskep en onderhou word deur swamnetwerke en die afbreek van organiese materiaal lei daartoe dat verskillende plante kan groei waar hulle nie normaalweg sou aard nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit bly egter altyd &#8216;n eksperiment, en &#8216;n mens moenie so &#8220;precious&#8221; oor jou tuin wees dat jy aanhou om &#8216;n dooie donkie aan te hits nie. Wanneer &#8216;n plant nie goed groei nie, werk uit hoekom nie, en indien nodig, haal hom uit en vervang hom met iets anders. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit beteken ook dat jy na jou eie lyf moet luister, en jouself nie moet ooreis nie. Permakultuur is in wese &#8216;n &#8220;lui&#8221; manier van boer, want die verskillende geslote stelsels word so gestruktureer dat die grootste opbrengs met die minste fisiese moeite verkry word, maar dit beteken nie dat daar geen werk betrokke is nie. Veral in die begin, wanneer alles beplan en ge\u00efmplementeer en aangeplant word, is daar baie harde fisiese werk wat gedoen moet word, Dis juis in hierdie tyd dat &#8216;n mens vir jouself &#8216;n pas moet vasstel. Permakultuur is &#8216;n belegging in die toekoms en die resultate is nie dadelik duidelik nie. Die eerste vyf tot sewe jaar gaan min resultate lewer, maar daarna kan &#8216;n mens net die tuin onderhou en kyk hoe hy homself handhaaf.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het pas my eie stuk grond gekoop. Dis 1100 vierkante meter se Namakwalandse sandveldgrond, met baie son, baie wind en &#8216;n jaarlikse re\u00ebnval van omtrent 150mm. In die somer is dit mistig en die re\u00ebn val in die winter. Dit word nie koud nie, maar kan wel baie warm word. Di\u00e9 feite bepaal my aanvanklike beplanning. Enige groente wat ek wil plant, sal onder skadunet en in verhewe beddings moet groei, ek sal moet kyk na tipiese &#8220;Bybelse&#8221; plante en ook na &#8216;n drupbesproeiingstelsel om water beter aan te wend. (Ook uit die Bybelgebied &#8211; dankie, Israelis!)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat dit ook beteken, is dat ek my leefstyl volgens die omgewing sal moet aanpas. Dit word &#8216;n uur later lig (geografiese tydsone), maar die son bly in die Somermaande tot laat op. Daar is kwaai Suidewinde wat amper heeljaarlank waai. Dit beteken my huis en tuin sal beplan moet word volgens daardie omstandighede, met &#8216;n heg wat geplant moet word om windweerstand te bied, en windturbines wat in plek moet kom om die meeste energie uit die wind te put. Dit beteken verder ook dat ek my braaiplek \u00f3f binne moet beplan (soos die mense op Hentiesbaai) \u00f3f aan die Noordekant van die huis, waar dit meer beskut is teen die wind. (Dis waar die observasie van beginsel 1 inkom.)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek dink baie van ons stres kom daarvan dat ons ons omgewings wil beheer met uitheemse goed soos lugversorgers en kunsmis (daai Suidwes-grasperke!) in stede daarvan om ons leefstyle en boumetodes by die omstandighede aan te pas. Dit spaar ook op die medium- en langtermyn heelwat geld, al is die aanvanklike belegging dalk bietjie ho\u00ebr as wat verwag word. Die ligging van die huis, boumateriaal, plante, &#8220;appropriate technology&#8221; soos windturbines, son-waterverhittingstelsels, sonpanele vir elektrisiteit, &#8220;whirlies&#8221; (woer-sampioene) op die dak en die regte plante op die regte plekke dra alles by om &#8216;n huis koel in die somer en bietjie warmer in die winter te maak sonder om &#8216;n jong fortuintjie aan elektrisiteit te moet bestee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&#8216;n Mens kan lekker kreatief wees en vir jouself tuinpaadjies van stapklippe maak en dan die vygies, namakwa-daisies en duwweltjies los om te groei soos hulle lus het! Dit spaar op kunsmis en moeite! En daar moet iewers &#8216;n vrugteprie\u00ebl wees met &#8216;n bankieding en tafeltjie waar mens kan sit en die &#8220;buite&#8221; waardeer! N\u00e1 alles het jy mos moeite gedoen om dit in plek te kry!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Eenvoudig gestel: moenie bang wees om veranderings te maak as iets nie werk nie. Wat dit behels is om voortdurend jou oog op jou tuin te hou en om nie bang te wees om &#8216;n plant wat voortdurend sukkel te &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[5],"tags":[9],"class_list":["post-378","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-permakultuurbeginsels","tag-permakultuur"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/378","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=378"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/378\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":402,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/378\/revisions\/402"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=378"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=378"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=378"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}