{"id":388,"date":"2025-10-01T22:36:19","date_gmt":"2025-10-01T20:36:19","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=388"},"modified":"2025-10-02T12:38:57","modified_gmt":"2025-10-02T10:38:57","slug":"seer-voete-en-n-nuwe-eetstyl","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/10\/01\/seer-voete-en-n-nuwe-eetstyl\/","title":{"rendered":"Seer voete en &#8216;n Nuwe Eetstyl"},"content":{"rendered":"\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\">\n<p>&#8220;Let food be thy medicine and medicine be thy food&#8221; &#8211; Hippocrates<\/p>\n<\/blockquote>\n\n\n\n<p>Van Niekerk ly aan <strong>Gout!<\/strong> Net een toon. Vrek seer. Met muti wat my moontlik naar kan maak. Grrr&#8230; En dis die drama. En dis verby. (Handtekeninge later!)<\/p>\n\n\n\n<p>Maar Antie Google &#8211; ja, ek het die antie geraadpleeg &#8211; reken die beste manier om die ding te pypkan is baie eenvoudig &#8211; verander net doodeenvoudig my eetstyl, verloor gewig en word aktief! Niks wat ek nie weet &#8211; en nie toepas(!) &#8211; nie, maar &#8216;n seer toon is onlekker, veral as mens nie kan slaap nie. Dus&#8230;<\/p>\n\n\n\n<p>So&#8230; wat eet mens dan?<\/p>\n\n\n\n<p>Mens eet skoon. Niks uit blikke en pakke uit nie (Veral nie geblikte vis nie!). Groente en vrugte wat &#8216;n mens kan identifiseer, jou eie kruie- en speserymengsels (min sout), eiers, maer hoender, wit vis en bruin graansoortgoed. En water. En koffie. En rooibostee. En laevetsuiwel. En baie stap. Rooi vleis net op verjaarsdae en vir Kersfees, en dan net bietjie. Kan sop maak, maar dan moet ek my eie aftreksel kook. (Van &#8220;scratch&#8221; af, soos die Amerikaners s\u00ea!) &#8220;We cooked-&#8220;etes. &#8216;n Anti-bloeddruk dieet soos die DASH-dieet word ook aanbeveel.<\/p>\n\n\n\n<p>O ja, en niks wit goed en suiker nie! (So koek en swiets en tjoklit is uit!)<\/p>\n\n\n\n<p>Ek reken dit sal op die lange duur &#8216;n goeie skuif wees. Nuke al wat &#8216;n verwerkte gif is en word maer in die proses. En dan behoort baie van my ander gesondheidsprobleme ook opgelos te wees.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar ek sal ook nuwe aktiewe(r) stokperdjies moet kry. Want lees lei tot knibbel. En knibbel is nie goed nie.<\/p>\n\n\n\n<p>So, wat doen &#8216;n mens as jy gekonfronteer word met &#8216;n hele lys goed wat jy nie mag eet nie, en &#8216;n stel bestanddele wat jy nog nooit gebruik het nie? Jy pas Kunsmatige Intelligensie toe! ChatGPT tot die redding!<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het die outjie gevra om te maak of hy &#8216;n dieetkundige is en om vir my &#8216;n 28-dae eetplan saam te stel wat gout-vriendelik is, met resepte en inkopielys en al! So ges\u00ea, so gemaak. Maar die eetplan was gebou vir die winter, met sop en bestanddele wat nie nou in seisoen is nie. Toe wysig ek natuurlik net die instruksies, vertel hom dat sekere groente en vrugte nie tydens die somer in Suid-Afrika in seisoen is nie en vra hom weer om vir my &#8216;n eetplan te skep met al die detail by.<\/p>\n\n\n\n<p>En siedaar, perfekte eetplan! MET gesonde knibbelhappies tussenin.<\/p>\n\n\n\n<p>ChatGPT is soos Google. Hy weet baie goed as mens nie te tegnies wil wees nie, maar mens moet ook maar kyk dat hy sy feite agtermekaar het. Die geheim is ook om baie spesifieke versoeke te stel, anders trek hy sy inligting t\u00e9 wyd (soos my eetplan met lemoene en avokado in die somer!).<\/p>\n\n\n\n<p>Vir Oktober gaan ek eet wat ek het (want ek het klaar inkopies gedoen), maar van November af gaan ek my vries-, ys-, en koskaste se inhoud vervang met maer, gout-vriendelike bestanddele. Ek is seker my algemene gesondheid sal ook by die omwenteling baat vind. Mens weet nooit. En ek kan doen met &#8216;n sexy voorkoms vir 2026&#8230;<\/p>\n\n\n\n<p>Want ryk mans soek nie vet vrouens nie!<\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Let food be thy medicine and medicine be thy food&#8221; &#8211; Hippocrates Van Niekerk ly aan Gout! Net een toon. Vrek seer. Met muti wat my moontlik naar kan maak. Grrr&#8230; En dis die drama. En dis verby. (Handtekeninge later!) &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[65],"tags":[67,66],"class_list":["post-388","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-om-lekker-en-gesond-te-eet","tag-eetstyl","tag-gesondheid"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/388","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=388"}],"version-history":[{"count":10,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/388\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":401,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/388\/revisions\/401"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=388"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=388"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=388"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}