{"id":391,"date":"2025-10-03T11:44:50","date_gmt":"2025-10-03T09:44:50","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=391"},"modified":"2025-10-03T11:54:24","modified_gmt":"2025-10-03T09:54:24","slug":"dis-nou-maar-eenmaal-so","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/10\/03\/dis-nou-maar-eenmaal-so\/","title":{"rendered":"Dis nou maar eenmaal s\u00f3&#8230;"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis beter om te weet &#8211; al is dit nie noodwendig goeie nuus nie &#8211; as om te wonder.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het gistermiddag n\u00e9t uit die kar uit geklim, toe my selfoon lui. My dokter, met die uitslag van &#8216;n reeks bloedtoetse wat ek Woensdag moes afl\u00ea. Daar is goeie nuus en slegte nuus en &#8216;n paar &#8220;kom ons kyk&#8221; situasies, maar geen massiewe noodgevalle nie. Baie van die toetsuitslae kan verbeter word deur (radikale) leefstylveranderings toe te pas, so dis &#8216;n plus. Enige moeti wat ek <strong>nie<\/strong> hoef te drink nie, is goed!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En dit sluit pynmedikasie in!<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Bestekopname van my huidige toestand:<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek is &#8216;n ou bees, met &#8216;n LMI van net so oor die 40 punte. Nie goed nie. Dit kan net stremming op my gewrigte plaas, van my lae rug af ondertoe. Dit maak dit ook vir my hard en longe moeiliker om te werk, en die geleerdes reken buikvet (&#8220;belly fat&#8221;) plaas geweldige stremming op &#8216;n mens se belangrike organe. wat eintlik onnodig is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek ly nie aan hart- of nierversaking nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">My voete en bene is geweldig geswel, en dis twee moontlike oorsake wat uitgeskakel moes word. Wat Dokter Marelise gedoen het, is om my bloeddrukmedikasie te verander na iets wat nie water terughou as &#8216;n newe-effek nie. Ek sal Maandag die nuwe voorskrif gaan haal en indien en dan kan ons van daar af kyk hoe dit gaan. Met geluk en meer water en beweging kan daardie swelsel sak. Dan kan ek mooier skoene en knielengte rokke dra en beter voel oor myself.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die uriensuurvlakke in my bloed is egter geweldig hoog (dubbeld wat dit moet wees!). Dit kan lei tot gout (eina!) en nierstene (meer eina!) as dit nie ordentlik beheer word nie. En die enigste manier om hierdie situasie te beredder, is deur die toepassing van &#8216;n eet- en leefstylomwenteling. Nie omdat ek dink dis &#8216;n goeie idee nie, maar omdat dit nou eenmaal moet gebeur en basta met die res!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Emosioneel, is ek nou op &#8216;n beter plek as wat ek selfs &#8216;n paar maande terug was. Dis asof die blote vooruitsig na &#8216;n rustigter bestaan al reeds my siel kalmeer. Ek is nie so dom om te dink dat alles maklik gaan wees nie &#8211; Koingnaas het sy eie uitdagings, en een daarvan is dat dit ver is! Maar mens moet soms &#8216;n verandering maak ter wille van oorlewing.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Nou wat nou? Die volgende stappe.<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die koopproses is nou weer in &#8216;n houpatroon vasgevang, met die prokureurs wat die aktes van die erf moet nagaan om te kyk of daar nie enige uitstaande skulde en belastings op die erf is nie. Di\u00e9 sal die verkoper eers moet betaal. Dan gaan die papierwerk na die naaste aktekantoor toe, waar &#8216;n hele klomp administrasie afgehandel moet word om die eiendom van een eienaar na &#8216;n ander oor te dra. En d\u00e1n eers sal ek kaart en transport van die erf kry! Dit kan tot &#8216;n jaar vat, so ek gaan nie nou daaroor huil nie. Inteendeel, dit gee meer tyd vir die &#8220;100 uur se dink&#8221; oor alles wat ek opgerig en ge\u00efnstalleer wil kry voor ek selfs net met &#8216;n tent daar kan gaan plak! So dis nie iets waaroor ek nou my kop hoef te breek nie. Amen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die uriensuursaak is nou &#8216;n prioriteit. Soos ek in &#8216;n vorige artikel geskryf het, is dit iets wat deur die regte baie streng dieet beheer kan word, maar volgens die traktaatjie wat die dokter my gegee het, sal ek ook moet gewig verloor, meer moet beweeg en baie meer water moet inkry! En hierdie vleisvraat se dae van elke dag vleis is nou redelik tot heeltemal verby! Ek het &#8216;n eetplan nagevors wat goed kan werk met my alleenleefstyl. Ongelukkig het ek reeds my Oktoberkruideniersware gekoop, maar ek sal die nuwe kos stelselmatig infaseer. Die doelwit is dat my spens-, ys- en vrieskaste teen volgende Januarie\/Februarie net uriensuurvlak-vriendelike kossoorte sal bevat. En nee, dit hoef nie &#8220;vaal kos&#8221; te wees nie, al is die etes eenvoudig en bevat dit baie meer neute en sade en peulgroente as waaraan ek tot dusver gewoond was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ironie van hierdie dieet (Ja, die Here het &#8216;n vreemde sin vir humor!) is dat dit presies die tipe kossoorte is wat &#8216;n middeleeuse landbouer sou ge\u00ebet het &#8211; &#8216;n A-positiewe dieet van graan, groente, en vrugte en af en toe hoendervleis, eiers en vis! Of &#8216;n agterplaasboer wat aan die Weskus bly. Vriesgeriewe help, maar ek vermoed ek gaan heelwat van die kos self moet kweek en inmaak of in groot maat inkoop en aanhou. Solank my etes net voorafmaakbaar is, is ek gelukkig. Dan kan ek een of twee dae per week\/maand groot kos voorberei en vir die res van die tyd net iets uit die ys-, of vrieskas uit haal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">NS. Dr Marelise het die bloedtoetse se uitslae na my eie huisdokter toe laat kopieer, so nou het ek &#8216;n afspraak vir Maandag! Dit sal interessant wees om te hoor wat SY opinie is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis beter om te weet &#8211; al is dit nie noodwendig goeie nuus nie &#8211; as om te wonder. Ek het gistermiddag n\u00e9t uit die kar uit geklim, toe my selfoon lui. My dokter, met die uitslag van &#8216;n reeks &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[68],"tags":[15,69,66,70],"class_list":["post-391","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-gesondheid-en-welsyn","tag-besluite-en-keuses","tag-fisiese-welsyn","tag-gesondheid","tag-leefstylkeuses"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/391","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=391"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/391\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":409,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/391\/revisions\/409"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=391"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=391"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=391"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}