{"id":42,"date":"2025-02-28T18:48:17","date_gmt":"2025-02-28T16:48:17","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=42"},"modified":"2025-02-28T18:58:19","modified_gmt":"2025-02-28T16:58:19","slug":"bietjie-vir-bietjie-en-dan-n-boot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/02\/28\/bietjie-vir-bietjie-en-dan-n-boot\/","title":{"rendered":"Bietjie vir bietjie… en dan ‘n Boot!"},"content":{"rendered":"\n
Vandag is een van daai dae wat ek wil-wil mismoedig raak oor ons armsalige Rand met sy powere koopkrag op die w\u00eareldmark.
En dan sien ek wat kos hulle! In Euro!
Op die ou end het ek amper heeltemal afgeskaal, tot op die basiese vereistes: die soort boot, die lengte, die tipe enjin en die tipe romp. Daar is wel een of twee bote wat nie net orraait lyk nie, maar wat ek actually sal kan bekostig, as ek vir ‘n paar maande van koffie en roosterbrood leef en bereid is om baie elmboogghries in te span! Of nee, dis nie heeltemal waar nie. Ek sal ook my woonstel moet verkoop en my werk moet bedank, sodat ek van my pensioengeld kan gebruik om hierdie idee te help finansier.<\/p>\n\n\n\n
Ek weet. Ek kners ook daaroor tande.<\/p>\n\n\n\n
Dis hoekom ek van die begin af gaan werk om ‘n YouTube kanaal te bou. Ek het nie baie selfvertroue om voor mense te praat nie, en om met ‘n kamera te gesels voel vir my na elke nagmerriefliek wat nog ooit gemaak is, saamgeflans. Maar as dit beteken dat ek my droom kan bekostig, sal ek dit doen.<\/p>\n\n\n\n
YouTube het nou wel hulle riglyne versag vir die monetering van videobydraes, maar dis nog steeds ‘n redelike uitdaging:<\/p>\n\n\n\n
Ten minste 3 videos bevat, en<\/li>\n\n\n\n
500 intekenare h\u00ea, wat<\/li>\n\n\n\n
3000 uur lank na my videos kyk.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n
Kyk, liewe leser, ek ken nie 500 mense nie.  En nie almal wat na ‘n videokanaal kyk, teken daarop in nie. Miskien moet ek my ma, boetie, tannies, ooms, niggies en neefs en kollegas en vriende omkoop\/dreig om die knoppie te klik. Maar dan moet ek nog steeds videos plaas wat goed genoeg is om die aandag en belangstelling van baie ander mense te trek\/lok. En ek sal moet maatjies maak met Kunsmatige Intelligensie en Soekenjin-optimalisering en daarvolgens opskrifte en opsommings moet skep wat nie t\u00e9 rekenarerig lyk en klink nie.<\/p>\n\n\n\n
Maar elke klein bietjie inkomste wat ek so genereer, sal my help om die geld wat ek uit my aftreebelegging onttrek het met rente terug te sit, of selfs om my huidige inkomste te vervang, dat ek nie my nuwe lewe op see met ‘n finansi\u00eble agterstand begin nie.<\/p>\n\n\n\n
Gaan dit lekker wees? Veral aan die begin, as ek nog soos ‘n amateur lyk? Nee. Gaan ek van dag een af miljoene geld verdien? Ook nie. Gaan mense dink ek is simpel? Verseker. Maar net miskien gaan dit die begin wees van ‘n hele nuwe leefstyl. Dis klaar ‘n nis-kanaal, want daar is nie baie videos van mense wat kragbote reg- en oseaanvaardig maak nie. Daar is nog minder videos van vrouens wat dit alleen doen. En amper g\u00e9\u00e9n videos van middeljarige vrouens wat vrou-alleen op ‘n kragboot teen hoedspoed die w\u00eareld invaar nie. So ja, daar is my mark en my teikengehoor.<\/p>\n\n\n\n
Want as ek gaan doen wat niemand anders voor kans sien nie, gaan ek ‘n leefstyl h\u00ea wat absoluut uniek is!<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"
Vandag is een van daai dae wat ek wil-wil mismoedig raak oor ons armsalige Rand met sy powere koopkrag op die w\u00eareldmark. Ek het ingeteken op ‘n webblad waarop bote van alle soorte en groottes te koop aangebied word. Ek …<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[17],"tags":[21,22,20],"class_list":["post-42","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-boer-op-see","tag-bekostigbaarheid","tag-geldmaakplanne","tag-youtube"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/42","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=42"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/42\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":59,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/42\/revisions\/59"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=42"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=42"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=42"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}