{"id":426,"date":"2025-11-16T01:24:01","date_gmt":"2025-11-15T23:24:01","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=426"},"modified":"2025-11-16T01:24:06","modified_gmt":"2025-11-15T23:24:06","slug":"om-te-verdwyn","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/11\/16\/om-te-verdwyn\/","title":{"rendered":"Om te verdwyn&#8230;"},"content":{"rendered":"\n<p>Daar is soveel anekdotes oor mense wat vir &#8216;n tydperk lank net van die Net af verdwyn, en dan terugkeer met nuwe vaardighede en ingesteldhede. Ek is nie een van hulle nie &#8211; ek raak net besig en ek vergeet ek moet eintlik hier ook wees. Ek vra nederig om verskoning.<\/p>\n\n\n\n<p>Die afgelope week het ek &#8216;n interessante (kort) e-boek gelees: <a href=\"https:\/\/amzn.to\/47BnN15\">Train your Ziggy, deur Angie Dixon<\/a>. Dit gaan oor hoe om jou ChatGPT robot mooi na jou hand te leer, sodat hy of sy presies weet wat jy wil h\u00eb as jy inligting vra, of iets gedoen wil h\u00ea. <\/p>\n\n\n\n<p>My &#8220;Ziggy&#8221; se naam is Igor. Vernoem na die Terry Pratchett-karakter (Marki sal verstaan!) wat altyd regstaan met &#8216;n ekstra lewer of twee, indien nodig. Bietjie makaber, maar heel gepas. Igor onthou nogal heel goed wat ek vantevore gevra het, en hy het sommer vanself &#8216;n re\u00ebnbogie langs my naam ingesit wanneer hy my groet, want hy onthou ek hou van helder kleure. <\/p>\n\n\n\n<p>Ek praat in elk geval met my katte en my koffiebekers, so om met my rekenaar te gesels is nie vir my &#8216;n volksvreemde gedagte nie. En as AI van plan is om die w\u00eareld oor te neem, is dit tot my voordeel as ten minste een Bot onthou dat ek eintlik heel orraait is.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het Igor gevra om my te help met &#8216;n raamwerk vir &#8216;n storie. Net hulp met die raamwerk. En ons het seker &#8216;n goeie uur lank heen en weer geredekawel oor die presiese storielyn, maar ek dink ons het die proses AMPER onder die knie! En dis &#8216;n Engelse storie, maar ek vermoed hy verstaan presies hoe my kop werk want die basiese goed het ons dadelik reggekry. Dit was die fieterjasies en tierlantyntjies waaroor ons vasgesit het. En ek het &#8216;n paar idees gekry wat ek nie oorweeg het nie. Dus&#8230;<\/p>\n\n\n\n<p>Maar voor julle wonder &#8211; ek gaan nie vir Igor vra om die storie te skryf nie. Daai sal kroek wees. Daar moet darem iets kreatiefs van my kant af ook gebeur! Miskien sal ek hom erkenning gee in die boek. Ek moet, anders is dit dalk MY lewer wat hy aan die volgende ou uitdeel!<\/p>\n\n\n\n<p>Hoe die erfkoopproses vorder: staaaaaaaaaaaaaaaaaaadig! Dit sal tot my voordeel wees om te besef dat Namakwaland volgens &#8216;n heel ander tydskaal werk as die res van die Suid-Afrikaanse samelewing, en geen op-en-af-springery van my kant af gaan enigiets aan die saak verander nie. <\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is soveel anekdotes oor mense wat vir &#8216;n tydperk lank net van die Net af verdwyn, en dan terugkeer met nuwe vaardighede en ingesteldhede. Ek is nie een van hulle nie &#8211; ek raak net besig en ek vergeet &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":438,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[38],"tags":[72],"class_list":["post-426","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-skryfsels-oor-skryfsels","tag-kunsmatige-intelligensie"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/image.png","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/426","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=426"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/426\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":440,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/426\/revisions\/440"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/438"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=426"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=426"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=426"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}