{"id":450,"date":"2025-12-06T00:06:53","date_gmt":"2025-12-05T22:06:53","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=450"},"modified":"2026-01-02T20:14:29","modified_gmt":"2026-01-02T18:14:29","slug":"oppas-vir-wat-in-jou-emmerskoplys-staan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/12\/06\/oppas-vir-wat-in-jou-emmerskoplys-staan\/","title":{"rendered":"Oppas vir wat in jou emmerskoplys staan!"},"content":{"rendered":"\n<p>Ek het jare gelede &#8216;n seminar bygewoon waar die een spreker gepraat het oor emmerskoplysies, en hoe &#8216;n mens baie spesifiek moet wees oor wat daarin staan, omdat daardie drome soms op vreemde maniere waar word. Toe ek vanaand my Duolingo-taalles doen, het ek opnuut besef hoe my eie emmerskoplys deur die jare volgeraak en ontwikkel het.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek was vars uit die skool uit toe ek &#8216;n artikel raakgelees het van &#8220;dinge om te doen voor dit te laat is.&#8221; Dit was voor die &#8220;Bucket List&#8221;-film uitgekom en emmerskoplysies in die kollig beland het. Nodeloos om te s\u00ea, het ek &#8216;n hele paar goed sommer in &#8216;n dagboek neergepen &#8211; nie almal logies, prakties, of selfs moontlik nie!<\/p>\n\n\n\n<p>Meer as twintig jaar later, kyk ek terug op daardie oorspronklike lys en besef hoeveel van daardie items \u00f3f afgehandel is, \u00f3f besig is om te gebeur, maar soms met interessante kinkels. My &#8220;eiendom op Port Nolloth&#8221; het bietjie Suidwaards gedraai en is nou &#8220;eiendom op Koingnaas&#8221;. Ek het nooit Russies geleer nie, maar kan myself nou redelik goed in Oekra\u00efens handhaaf, en ek leer nou Skotse Gaelic, n\u00f3g &#8216;n taal wat op die oorspronlike lys was. (Nee, ek weet nie waar ek dit ooit sal nodig kry nie, maar mens weet nooit wie jy gaan raakloop nie!) <\/p>\n\n\n\n<p>Iemand het my ook die afgelope paar dae daarop attent gemaak dat my woonstel lyk soos &#8216;n opgaardersnes. Opgaar (Hoarding) is &#8216;n ernstige sielkundige afwyking, maar ek het beslis &#8216;n ligte klap van di\u00e9 kondisie weg. Ek raak fanaties oor my eiendom, &#8216;n effek van vorige verhoudingsituasies waarin ek groot diefstalverliese gely het, en ek raak nie van goed ontslae nie, want &#8220;net ingeval.&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p>MAAR ek is ook moeg daarvoor om nie lekker te voel waar ek is nie. So&#8230;<\/p>\n\n\n\n<p>My groot doelwit vir Januarie (Desember is &#8216;n mal maand!) 2026 is om &#8216;n radikale bestekopname te maak van alles wat ek het en wil h\u00ea en om dan deur die loop van die jaar stelselmatig alles weg te maak wat nie in my toekomsprentjie pas nie. Klere, boeke, papiere, kombuiskatoeters, die werke! En ook om nie te &#8220;settle&#8221; vir iets wat minderwaardig is nie. Ek het t\u00e9 lank geglo dat ek nie mooi goed verdien nie, want ek is nie goed genoeg vir mooi goed nie. <strong>Daai storie gaan nou net hier einde kry!<\/strong> <\/p>\n\n\n\n<p>Ek het nie mooi goed nie, want ek het in die verlede dom geldbesluite geneem. Die goeie ding van dom besluite, is dat &#8216;n mens jou koers kan verander deur <strong>beter<\/strong> besluite te neem, en aan te hou met beter besluite tot jy <strong>goeie<\/strong> besluite neem, en uiteindelik die <strong>REGTE<\/strong> besluite.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het op die oomblik redelik baie skuld, asook ook heelwat projekte aan die gang wat my geld gekos het en nog gaan kos. Nee, ek krepeer nie van ellende nie, al moet ek mooi meet en pas waar ek geld gaan bestee en bespaar. En ek moet maniere vind om geld te verdien met lae kapitaalinsette en deur middele te gebruik wat ek reeds besit.<\/p>\n\n\n\n<p>Want dis die uitdaging &#8211; om te gebruik te maak van en wins te maak uit dit wat ek reeds het! Die 9-5 moet die 5-9 ondersteun, totdat die 5-9 die 9-5 kan vervang!<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-medium is-style-rounded\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"297\" src=\"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/9a35559a2d98165f3995548598bd2461-300x297.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-464\" srcset=\"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/9a35559a2d98165f3995548598bd2461-300x297.jpg 300w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/9a35559a2d98165f3995548598bd2461-150x150.jpg 150w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/9a35559a2d98165f3995548598bd2461-303x300.jpg 303w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/9a35559a2d98165f3995548598bd2461-100x100.jpg 100w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/9a35559a2d98165f3995548598bd2461.jpg 563w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Soos wat ek reeds in &#8216;n vorige artikel genoem het, is ek besig om fondse te genereer om die registrasiefooi vir my Nagraadse Diploma in Inligtingkunde by UNISA te kan bekostig. Die res van die geld kan ek uit my eie bronne befonds &#8211; dis net daai eerste bietjie geld wat die probleem is. Ek het &#8216;n skakel ingebou as deel van die blog, so as jy &#8216;n bietjie kleingeld het wat jy nie gebruik nie, is jy welkom om dit te skenk. Die idee is verder ook om die skenkersgeld te gebruik vir die onderhoud van die webbladsy, sodat ek die geld wat ek op die oomblik uit my sak uit betaal kan gebruik vir my 5-9. By voorbaat geweldig baie dankie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek het jare gelede &#8216;n seminar bygewoon waar die een spreker gepraat het oor emmerskoplysies, en hoe &#8216;n mens baie spesifiek moet wees oor wat daarin staan, omdat daardie drome soms op vreemde maniere waar word. Toe ek vanaand my &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":471,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[39],"tags":[15,25],"class_list":["post-450","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-kopskuiwe","tag-besluite-en-keuses","tag-emmerskoplys"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/create-a-highly-detailed-high-resolution-featured-image-depicting-a-person.png","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/450","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=450"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/450\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":484,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/450\/revisions\/484"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/471"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=450"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=450"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=450"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}