{"id":483,"date":"2026-01-03T14:27:39","date_gmt":"2026-01-03T12:27:39","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=483"},"modified":"2026-01-03T14:27:47","modified_gmt":"2026-01-03T12:27:47","slug":"koffie-en-roosterbrood","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2026\/01\/03\/koffie-en-roosterbrood\/","title":{"rendered":"Koffie en Roosterbrood"},"content":{"rendered":"\n<p>Met di\u00e9 dat my persoonlike ekonomie voorlopig ligweg in sy h\u00eappie kanon in is (nee, oorle&#8217; Pa, ek krepeer nog nie van ellende nie!) het ek besluit om die &#8220;no-buy&#8221;-konsep te beproef vir die volgende drie maande. As ek dit reg hanteer, gaan ek weer kan voor kom, en daai is belangriker as inkopies, veral die aanlyn-soort. En as ek van die konsep hou, sal dit waarskynlik my leefstyl word!<\/p>\n\n\n\n<p>Hier is die re\u00ebls:<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Wat ek mag koop:<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Kruideniersware en ander lewensnoodsaaklikhede.<\/li>\n\n\n\n<li>Katgoed<\/li>\n\n\n\n<li>Petrol en vervoeruitgawes<\/li>\n\n\n\n<li>Huisuitgawes, soos verband\/huur, heffings, versekering, munisipale uitgawes<\/li>\n\n\n\n<li>Mag NODIGE gebreekte, ou goed vervang, soos gloeilampe, ens.<\/li>\n\n\n\n<li>Noodsaaklike toiletware en huishoudelike skoonmaakprodukte (soos tandepasta en toiletpapier!)<\/li>\n\n\n\n<li>Bietjie &#8220;pretuitgawes,&#8221; sodat ek darem nie heeltemal in &#8216;n depressie verval nie. (Stel &#8216;n bedrag vas!)<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Wat ek NIE mag koop nie:<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Geen nuwe klere of skoene nie!<\/li>\n\n\n\n<li>Geen wegneemetes nie!<\/li>\n\n\n\n<li>Geen dekoritems, elektroniese gadgets, boeke(!!!), of ander onnodige katoeters nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Geen aanlyninkopies nie!<\/li>\n\n\n\n<li>Geen pamperlangsessies en skoonheidsprodukte nie!<\/li>\n\n\n\n<li>Kortom, geen onnodige uitgawes nie!<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Gaan ek oorleef? Ek het nie die vaagste benul nie! Maar dit lyk nie na iets wat my sal doodmaak nie, so kom ons probeer dit vir &#8216;n paar maande en kyk wat gebeur. &#8216;n Gelddieet het niemand nog ooit kwaad gedoen nie. En dan kan ek elke los sent in &#8216;n skuldsneeubal inbetaal en kyk hoe dit my finansi\u00eble situasie verbeter.<\/p>\n\n\n\n<p>O ja, en ek sal moet skryf! Nie net hierdie paar woorde nie, maar ernstig skryf! Soos in boeke skryf! Mens weet nooit &#8211; dit kan dalk ook my geldsake bietjie meer rooskleurig laat lyk, sonder &#8216;n bril. <\/p>\n\n\n\n<p>Ek het Scrivener vir myself gekoop, maar ek kry nog nie die program uitgepluis nie. So, as iemand soos Deon Meyer hier lees, kan jy asseblief vir my verduidelik hoe die verdekselse ding werk? (Mag nie lelik praat nie &#8211; beskaafde mense lees my blog!)<\/p>\n\n\n\n<p>Maar tot dan, leef ek ek van koffie en Bovril-toasties. En dit klink nie t\u00e9 erg nie!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met di\u00e9 dat my persoonlike ekonomie voorlopig ligweg in sy h\u00eappie kanon in is (nee, oorle&#8217; Pa, ek krepeer nog nie van ellende nie!) het ek besluit om die &#8220;no-buy&#8221;-konsep te beproef vir die volgende drie maande. As ek dit &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":489,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[73,39],"tags":[74],"class_list":["post-483","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-geldsake","category-kopskuiwe","tag-geldsake"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/pexels-photo-35351968.jpeg","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/483","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=483"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/483\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":491,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/483\/revisions\/491"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/489"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=483"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=483"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=483"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}