{"id":497,"date":"2026-01-27T19:47:42","date_gmt":"2026-01-27T17:47:42","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=497"},"modified":"2026-01-27T19:49:47","modified_gmt":"2026-01-27T17:49:47","slug":"en-skielik-is-jy-vry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2026\/01\/27\/en-skielik-is-jy-vry\/","title":{"rendered":"En skielik is jy vry!"},"content":{"rendered":"\n<p>Dis altyd interessant hoe &#8216;n mens teruggeruk word na die werklikheid deur iemand wat nie &#8220;onder die omstandighede&#8221; lewe nie, maar ten spyte van moeilike situasies nog steeds doen wat hy voel hy moet doen.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het &#8216;n vriend op Twitter (X, maar niemand wat ek ken noem dit s\u00f3 nie!). Sy naam is Oleksander. Hy is &#8216;n geregistreerde verpleegkundige wat diens gedoen het in die Oekra\u00efense weermag en wel ook saam met van die mees gerespekteerde bataljonne wat daar is (die Kraken Eenheid). Danksy wetgewing kon hy uittree, en werk deesdae voltyds om sy vrou te help (wat toerusting inkoop en aan die weermag verskaf!) en ook om gevegsveterane te help om weer hulle rigting te vind.<\/p>\n\n\n\n<p>Daar is &#8216;n rede vir die koffiekoppie. Toe die oorlog in Februarie 2022 uitbreek, was hy &#8216;n pasgetroude man, met &#8216;n huis naby Lutsk wat omgebou moes word. Hy het goed geweet dat daar nie tyd sou wees vir lang telefoongesprekke huis toe terwyl hy as mediese beampte op die front diens doen nie, so hy en sy vrou het afgespreek dat hy elke dag &#8216;n foto sou plaas van &#8216;n herkenbare liggaamsdeel (nie gesig nie) langs &#8216;n koffiebeker. In sy geval, was dit meestal voete in weermagstewels, en af en toe &#8216;n hand (hy het unieke tatto\u00ebermerke op sy voorarms). Di\u00e9 het hy dan op X geplaas met die sin &#8220;Goeie m\u00f4re, lekker dag!&#8221; in Oekra\u00efens as opskrif. En tipies ekke, het ek sy profiel begin volg. En later het ek saam met dosyne ander ook &#8216;n foto van &#8216;n koffiebeker (met koffie) onder syne geplaas, as &#8216;n teken van solidariteit met die soldate.<\/p>\n\n\n\n<p>So het dit maande lank aangehou, maar toe hy uiteindelik uitklaartoestemming kry, het hy besef hy kon ons nie &#8220;drop&#8221; nie, en hy plaas nog elke dag &#8216;n foto van &#8216;n beker koffie. Soms met &#8216;n liggaamsdeel van homself daarby, maar meestal net die koffiebeker.<\/p>\n\n\n\n<p>Oleksiy praat nie Engels nie, so sy skrywes was vir my &#8216;n dryfveer (een van hulle) om Oekra\u00efens te leer verstaan. <\/p>\n\n\n\n<p>Die afgelope paar dae was snerpend koud in Oekra\u00efene, met kragonderbrekings danksy die russe (kleinletters) se missielaanvalle op kraginfrastruktuur, maar Oleksiy het &#8216;n groep veterane berg-op gevat, sodat hulle steeds bietjie uit hulle omgewings kon kom en weer een word met die natuur.<\/p>\n\n\n\n<p>En hy is besig met &#8216;n verdere kwalifikasie in Maatskaplike Werk, wat hy Met Lof (A++) afhandel. <\/p>\n\n\n\n<p>Ek gaan vir hom hierdie artikel se skakel stuur, net om dankie te s\u00ea dat ek sy koffieprentjie kon steel.<\/p>\n\n\n\n<p>Eer aan Oekra\u00efene, eer aan die helde, dood aan die teenstanders, en onthou vir altyd die gevallenes.<\/p>\n\n\n\n<p>Dankie, Oleksiy, vir wat jy nog steeds doen om te help.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dis altyd interessant hoe &#8216;n mens teruggeruk word na die werklikheid deur iemand wat nie &#8220;onder die omstandighede&#8221; lewe nie, maar ten spyte van moeilike situasies nog steeds doen wat hy voel hy moet doen. Ek het &#8216;n vriend op &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":500,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[76],"class_list":["post-497","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-algemeen","tag-vriendskappe"],"jetpack_featured_media_url":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/Neprogory-se-koffie-23_01.jpg","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/497","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=497"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/497\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":502,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/497\/revisions\/502"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/500"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=497"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=497"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=497"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}