{"id":61,"date":"2025-03-03T19:20:45","date_gmt":"2025-03-03T17:20:45","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=61"},"modified":"2025-03-12T18:39:45","modified_gmt":"2025-03-12T16:39:45","slug":"n-tessa-bestande-bestaan-watter-tipe-boot-is-reg-vir-my-beplande-leefstyl","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/03\/03\/n-tessa-bestande-bestaan-watter-tipe-boot-is-reg-vir-my-beplande-leefstyl\/","title":{"rendered":"\u2018n Tessa-bestande bestaan \u2013 watter tipe boot is reg vir my beplande leefstyl?"},"content":{"rendered":"\n<p>Kom, dink saam\u2026<\/p>\n\n\n\n<p>Soos ek al telkemale vir almal wat my ken ges\u00ea het, is ek redelik moeg vir my huidige werk. Ja, Ma, ek IS dankbaar. Ek kry \u2018n orraait salaris vir wat ek doen, en daar is baie ander Suid-Afrikaners wat hulle voortande sal verkoop om te kry wat ek het, maar ek het my loopbaanplafon bereik en \u2013 om absoluut eerlik te wees \u2013 ek is doodverveeld waar ek is. Ek word ook nie jonger nie, en ek sien al hoe meer dat my tydgenote die tydelike met die ewige verwissel.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek wil graag sit en skryf en skep, maar daai gaan ook nie gebeur waar ek myself op hierdie stadium bevind nie. My lewe oor die algemeen is vaal en absoluut onopwindend. Net \u2018n oujongnooi met twee katte wat daagliks heen en weer van huis tot werk pendel, naweke vir haar ma kuier en een keer \u2018n maand gaan kruideniersware koop. Die res van die tyd leef ek in my kop en droom allerhande wilde drome van plekke en mense waarvan ek nog net in tydskrifte gelees het. En op YouTube gesien het. En Pinterest-prentjies\u2026<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het ook nou finaal agtergekom dat ek nie \u2018n tuinmens is nie. Die plante in my lewe oorleef ten spyte van my, en dis moeite om \u2018n \u201cTessa-bestande\u201d plant te kry.<\/p>\n\n\n\n<p>Dit bring my by my nuwe missie\/projek\/lewensdoel\u2026<\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer ek my skipperslisensie kry, my woonstel verkoop, my werk bedank en \u2018n boot aanskaf, gaan dit nie \u2018n seilboot wees nie. Eerstens, weet ek ek gaan myself iewers aan al die takelwerk vasknoop en ophang en seilbote moet die heeltyd gest\u00fa\u00far word. En tweedens het seilbote eintlik bitter min plek vir enigiets. Dit vat ook baie harde werk om te seil. Die meeste seilbote wat te koop aangebied word, het \u2018n \u201ceienaar wat te oud of te siek is\u201d om die boot na behore te benut.<\/p>\n\n\n\n<p>Waaraan ek dus dink, is \u2018n blouwater-motorboot.&nbsp; Iets waarmee ek op die oop see kan vaar, maar wat my (danksy outomatiese stuur) meer tyd gaan gee om te slaap(!!!) en die dinge te doen wat ek eintlik wil doen, sonder om die heeltyd bang te wees dat \u2018n dwarsbalk my teen die kop gaan tref.<\/p>\n\n\n\n<p>En binne daardie kategorie, kyk ek na afgetrede vistreilers! Nie net is vistreilers redelik tot heeltemal seebestand nie (baie meer as gewone motorbote!), maar hulle het nie allerhande fieterjasies nie. Toegegee, dis nie vinnige vaartuie nie, maar ek het geen planne om enige waterspoedrekords te verbeter nie. En ek is gewoond aan stadig.<\/p>\n\n\n\n<p>As ek nie die grootste, lompste vaartuig op die mark aanskaf nie, kan ek dalk selfs met my treiler deur Europa toer! Daar is \u2018n <a href=\"https:\/\/eurocanals.com\/EuroCanals-Guides\/eurocanalsguides.html\">reisgids<\/a> beskikbaar wat hom toespits op die kanale en bevaarbare riviere van Europa, en wat riglyne gee oor die diepte van daardie kanale en die aard van die vaartuie wat daarop kan vaar! Europa is bootvriendelik. En ja, OK, vasmeerplek is nie verniet nie, maar dis minder van \u2018n pyn as om van slaapplek tot slaapplek te piekel met jou tas of rugsak.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek is nie lus vir die Amerikaners op hierdie stadium van die geveg nie, so my plan is om my boot in die Noordsee-streek te gaan soek. Tussen die Britte, Duitsers, en die Skandinawi\u00ebrs behoort ek \u2018n tweedehandse vistreiler te kry wat nie t\u00e9 opgebruik is nie en wat binne my prysklas val. Nog steeds nie goedkoop nie, maar darem. En ek kan ook self regmaak as dit moet en dis \u2018n klein genoeg issue.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat ek egter baie graag wil doen (en dis die duur ding waarvoor ek die You-Tube kanaal nodig het) is om die dieselenjin van die boot met \u2018n elektriese motor te vervang. Op daardie manier, kan ek my vaartyd onbepaald verleng, met behulp van sonpanele en \u2018n sterk windturbine. Dis ook skoner en stiller en sal die brandgevaar aan boord heelwat verminder, veral as ek die gastoebehore ook met energiedoeltreffende elektriese alternatiewe vervang.<\/p>\n\n\n\n<p>Daar is krane te koop (kombuis en badkamer) met ingeboude elemente, wat die water verhit soos wat mens die kraan oopdraai. Warm stort- en skottelgoedwater sonder die risiko van \u2018n ontploffing. Induksiestoofplate is ook \u2018n haalbare opsie, saam met \u2018n multifunksionele oond. En as ek regtig \u2018n ekstra stukkie \u201coemf\u201d soek, kan ek altyd \u2018n klein petrolkragopwekkertjie aanskaf.<\/p>\n\n\n\n<p>Behalwe al die Europese kanale en die Noordsee (en die Aurora Borealis!), wil ek graag die \u201cGreat Loop\u201d-boottoer deur die VSA en Kanada afhandel. Dit gaan baie goedkoper en makliker wees as ek nie vir diesel hoef te betaal nie. Dis ook \u2018n storie om te skryf, videos om te maak en \u2018n paar sente om te verdien (nadat al die uitgawes betaal is). O ja. En ek wil krieket kyk in die WIndies\u2026 Met iets koel in die hand wat soet is en skop het.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat nog? Die Noord-Wes Passaat? Dis geskiedkundig\u2026 En daar is die toer deur die Panama-kanaal (waaroor trompie se p\u00ealle met die luukse skippies so nors is), al moet ek ekstra betaal oor ek nie \u2018n groot vragskip bestuur nie. En daar is Kaap Hoorn\u2026 wat my die Suiderlig gaan wys\u2026<\/p>\n\n\n\n<p>Miskien sal ek omvaar tot by Nieu Seeland en die Suidsee-eilande. En \u2018n draai maak in Australi\u00eb.<\/p>\n\n\n\n<p>Daar is s\u00f3 baie plekke om te sien\u2026 en as ek dit alles kan beleef terwyl ek geld daaruit maak en nie \u2018n fortuin aan allerhande \u201cgoed\u201d hoef te bestee nie, soveel te beter.<\/p>\n\n\n\n<p>Nou weet julle hoe ek dink. Iets van die \u201cmetode agter my malligheid\u201d. En miskien sal mense nie so geskok wees wanneer ek my skipperslisensie verwerf, my woonstel verkoop, my werk bedank en opvlieg Noorde toe, agter \u2018n vistreiler aan, nie!<\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kom, dink saam\u2026 Soos ek al telkemale vir almal wat my ken ges\u00ea het, is ek redelik moeg vir my huidige werk. Ja, Ma, ek IS dankbaar. Ek kry \u2018n orraait salaris vir wat ek doen, en daar is baie &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[17],"tags":[23,18,25,24],"class_list":["post-61","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-boer-op-see","tag-die-boot","tag-drome","tag-emmerskoplys","tag-emmerskoplys-op-see"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/61","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=61"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/61\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":71,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/61\/revisions\/71"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=61"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=61"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=61"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}