{"id":69,"date":"2025-03-14T00:46:33","date_gmt":"2025-03-13T22:46:33","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=69"},"modified":"2025-03-14T00:46:35","modified_gmt":"2025-03-13T22:46:35","slug":"die-prentjie-in-my-kop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/03\/14\/die-prentjie-in-my-kop\/","title":{"rendered":"Die prentjie in my kop"},"content":{"rendered":"\n<p>Volgens die mense wat weet, moet &#8216;n mens &#8216;n prentjie in jou kop en &#8216;n lysie op papier h\u00ea voor jy &#8216;n boot koop. Dit help glo dat jy nie geld uitgee op &#8216;n boot wat nie aan jou vereistes en\/of verwagtinge voldoen nie. EN dit help ook om te verseker dat jy en jou maat dieselfde taal praat as dit by boot koop kom.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het nie &#8216;n maat nie, maar ek het &#8216;n prentjie in my kop en &#8216;n hele paar verwagtinge waaraan &#8216;n potensi\u00eble boot moet voldoen. En omdat ek &#8216;n geheue soos &#8216;n sif het, en ekstra verstrooid gebore is, gaan ek die lysie hier neertik. Dis \u00e9\u00e9n manier om te verseker dat ek nie op die ou end aan kopersverdriet ly nie.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\"><strong>My bootwenslysie<\/strong><\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Ek moet met die boot op die oop see, van een kontinent na &#8216;n ander, kan vaar sonder te veel drama. Klas 0 vir die Engelse, en CE A vir ons res. <\/li>\n\n\n\n<li>Dit moet &#8216;n kragboot wees, met &#8216;n binneboordenjin. Ek sien nie kans daarvoor om met takelwerk te sukkel nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek wil ontvlambare vloeistowwe en gasse tot die absoluut minimum beperk. Dit beteken die enjin, stoof en oond moet elektries wees. Ek sal wel buite &#8216;n gasbraaier h\u00ea, want daar kan die gas nie opbou nie. Ek beplan om self hierdie ombouwerk te laat doen, so dis nie noodwendig iets wat in die boot hoef te wees nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek soek &#8216;n elektriese toilet, met &#8216;n bidetfunksie, dat ek nie (baie) papier hoef te gebruik nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Die waterkamer (&#8220;head&#8221;) moet &#8216;n stort ook bevat, of andersins groot genoeg wees om &#8216;n stort te kan akkommodeer.<\/li>\n\n\n\n<li>Die galei moet laaie h\u00ea, eerder as kassies. Alternatiewelik, moet dit maklik omgeskakel kan word. Daar moet genoeg beweegruimte wees en plek vir &#8216;n ordentlike yskas!<\/li>\n\n\n\n<li>Alles moet maklik en vinnig skoonmaakbaar wees.<\/li>\n\n\n\n<li>Daar moet orals vashouplek wees.<\/li>\n\n\n\n<li>Kombuiskatoeters moet veeldoelig wees.<\/li>\n\n\n\n<li>Daar moet plek wees om &#8216;n &#8220;kitchen machine&#8221; te kan inprop (oppervlakspasie).<\/li>\n\n\n\n<li>Dit moet maklik wees om ligte en bedrading te vervang &#8211; nie &#8216;n onheilige nes iewers in &#8216;n donker gat nie!<\/li>\n\n\n\n<li>Daar moet genoeg natuurlike lig binne-in die boot wees, en nie &#8216;n oormaat donker hout nie. (Kan altyd verf as dit moet!)<\/li>\n\n\n\n<li>Daar moet plek wees om &#8216;n windturbine en genoeg sonpanele te monteer<\/li>\n\n\n\n<li>Omdat ek permanent op die boot gaan bly, moet daar genoeg stoorplek wees vir buiteseisoen-klere en -toebehore. Ek moet ook genoeg kosvoorraad kan wegsit vir lang tye weg van dro\u00eb grond af.<\/li>\n\n\n\n<li>Daar moet &#8216;n groot genoeg dekspasie buite wees vir &#8216;n lekker stoel, sonsambreel, braaier en visskoonmaakstasie.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek moet gemaklik kan rondbeweeg sonder om myself die heeltyd teen iets te stamp.<\/li>\n\n\n\n<li>Daar moet iewers wees met genoeg lig waar ek kan sit en skryf en rekenaarwerk doen.<\/li>\n\n\n\n<li>Daar moet plek wees vir &#8216;n skeepskat. Of twee.<\/li>\n\n\n\n<li>Die kapteinstoel moet gemaklik wees vir lang afstande, of daar moet plek wees waar ek &#8216;n lekker gemaklike kapteinstoel kan installeer.<\/li>\n\n\n\n<li>Die boot moet karakter h\u00ea &#8211; iets wat mense sal laat glimlag.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek moet die boot alleen kan hanteer. Dit moenie iets wees wat &#8216;n hele span matrose nodig het nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Die boot moet vlak genoeg in die water l\u00ea dat ek &#8216;n &#8220;Great Loop&#8221; of twee kan doen, asook &#8216;n paar kanaalroetes deur Europa.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Wat is my verwagtinge van &#8216;n leefstyl aan boord? (In ag genome dat omstandighede nie altyd rooskleurig gaan wees nie.)<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Ek moet teen hoedspoed van punt A na punt B kan vaar, sonder om te wonder of my boot deur die eerste beste brander omgeslaan gaan word.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek wil nie sukkel met diesel nie, en tussen die windturbine en sonpanele moet die boot se batterye redelik konstant gehou kan word. Daar is dae wat ek vinnig sal kan vol laai en ander dae wanneer dit gaan sukkel en ek die windturbine sal moet opwen.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek gaan heelwat onderhoud aan die boot self moet kan doen &#8211; daar is altyd iets wat gaan breek &#8211; maar enige groot werk sal deur &#8216;n span by &#8216;n skeepswerf gedoen word.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek sal selfonderhoudend moet wees wat kos en drinkwater betref. Gelukkig is daar heelwat tegnologie wat kan help.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek sal die meeste van my etes self voorberei. Ook klaargaar- en ontwaterde etes wat nie lank vat om te maak nie, vir noodgevalle. Blikke en pakke, en vars kos as ek aan wal was. Die idee is ook om &#8216;n paar vinnige en basiese inmaakgoed aan boord te kan doen, as ek byvoorbeeld &#8216;n oormaat vrugte en groente in die hande kon kry<\/li>\n\n\n\n<li>Ek beplan om self vis te vang. Handlyn, met &#8216;n lepel, want ek kon nog nooit die werkinge van &#8216;n katrol uitpluis nie en ek wil nie aan boord sukkel met aas nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek was nog nooit iemand vir groot sosiale geleenthede nie &#8211; al geniet ek die mense af en toe &#8211; so ek sal waarskynlik 80% van die tyd op my eie wees.<\/li>\n\n\n\n<li>&#8216;n Daaglikse roetine volgens die son.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek sal van tyd tot tyd by &#8216;n hawe vasmeer, om voorraad aan te vul en bietjie rond te toer.<\/li>\n\n\n\n<li>My inkomste sal gegenereer word uit boeke en blogs wat ek skryf en video-joernaalprogramme vir YouTube. Ek sal fokus op die bootleefstyl, maar ook opnames maak wanneer ek aan land gaan, veral as dit &#8216;n interessante vasmeerplek is. Ek gaan &#8216;n &#8220;gran-fluencer&#8221; wees.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek voorsien &#8216;n meer ontspanne leefstyl, maar sal my dieet moet dophou. Europa se gesonde(r) eet-opsies!<\/li>\n\n\n\n<li>Ek sal myself moet dokter as ek siek word, behalwe as dit ernstig is. Goeie mediese versekering.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek sal kan swerf saam met die seisoene, terwyl ek orkane, siklone en tifone soos gif vermy.<\/li>\n\n\n\n<li>Omdat ek nie vir brandstof hoef te betaal nie, sal ek meer kan rondbeweeg en meer geld h\u00ea vir ander dinge.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek sal &#8216;n skeepskat aan my sy h\u00ea.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek kan myself nogal sien waar ek net regs van &#8216;n tropiese eiland op die dek van my boot l\u00ea met &#8216;n boek in die een hand en iets koud en nat in die ander. Dit sal waarskynlik nie &#8216;n alkoholiese drankie wees nie, behalwe as ek &#8216;n paar dae het om te ontspan, en die sonsondergang is besonders mooi.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p>Wel, dis my vooruitsigte en verwagtinge. Ek is nie gepla oor goue krane en die toppunt van luuksgeit nie. Solank alles werk en doen wat dit moet doen sal ek heel gelukkig wees. Die hele onderneming is seemyle ver uit my gemaksone uit, maar ek glo vas dat dit die uitdaging is wat ek nodig het n\u00e1 een en twintig jaar se sieldodende roetine. Ek sien uit daarna &#8211; &#8216;n hele leefstylomwenteling.<\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Volgens die mense wat weet, moet &#8216;n mens &#8216;n prentjie in jou kop en &#8216;n lysie op papier h\u00ea voor jy &#8216;n boot koop. Dit help glo dat jy nie geld uitgee op &#8216;n boot wat nie aan jou vereistes &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[17],"tags":[30,28,19,29],"class_list":["post-69","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-boer-op-see","tag-afmerklysie","tag-bootleefstyl","tag-doelwitte","tag-verwagtinge"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/69","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=69"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/69\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":80,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/69\/revisions\/80"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=69"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=69"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=69"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}