{"id":79,"date":"2025-03-15T18:32:02","date_gmt":"2025-03-15T16:32:02","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=79"},"modified":"2025-03-15T18:32:03","modified_gmt":"2025-03-15T16:32:03","slug":"waaruit-bestaan-n-agterplaasboer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/03\/15\/waaruit-bestaan-n-agterplaasboer\/","title":{"rendered":"Waaruit bestaan &#8216;n Agterplaasboer?"},"content":{"rendered":"\n<p>Om \u2018n aangenome kind te wees, het sy voordele. Ek weet ek is grootgemaak deur ouers wat uitgesien het na my koms, en wat my beplan het en wat baie lief is vir my. Hulle is my ma en my pa en al was en is daar konflikte en geskille, is daar geen twyfel by my dat hulle my ouers is nie.<\/p>\n\n\n\n<p>My probleem is dat ek geen stories het nie. Ek het nie \u2018n oupagrootjie wat sy onderwyspos op Volksrust verlaat het om net gou vinnig teen die Engelse te baklei, en wat n\u00e1 die oorlog weer sy werk hervat het nie. Ek is nie \u2018n naverwant van \u2018n Boeregeneraal wat later \u2018n Eerste minister geword het nie. Ek weet nie na wie ek lyk nie en ek het geen idee na wie ek aard nie. En ek weet nie hoe laat ek gebore is nie. (Dis \u2018n simpel vraag, ek weet, maar dit krap al jare lank aan my!) Kortom, daar is \u2018n groot gat in my geskiedenis.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat ek laas Oktober gedoen het, is om vir myself een van daardie tuis-DNA-toetsstelle te koop (<a href=\"https:\/\/myheritage.com\">MyHeritage.com<\/a> s\u2019n!). Natuurlik het dit maande gevat voor dit uiteindelik by my uitgekom het (dis \u2018n ander storie!) en ek het uiteindelik aan die einde van Januarie die epiteelselmonster ingesamel en vir my skoonsus gegee om te pos wanneer sy en my stiefboet weer terug is by hulle huis in Mobile, Alabama.<\/p>\n\n\n\n<p>So gedaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Ses weke later (nie ses <em>minute<\/em> soos op CSI op TV nie!) het ek uiteindelik \u2018n DNS-ontleding en \u2018n aanduiding van waar my voorsate min of meer vandaan kom. Die grap? Ek is so gewoon as wat ek maar k\u00e1n wees. Geen Kossakke of Vikings in my voorgeslagte nie. Ook nie Iere of Spanjaarde of Sigeuners of \u2018n verdwaalde oliesjeik nie. Net bloot ekke.<\/p>\n\n\n\n<p>Net so onder die helfte (48,4%) van my gene kom uit die Nederland. Die toepassing kwalifiseer dit hard en duidelik as die \u201cSuid-Afrikaanse\u201d variant, wat van die Kaap tot in Zimbabwe voorkom. Die volgende groot blok is \u2013 skokkend genoeg \u2013 Engels! \u2018n Hele 13,7% van my! Vervolgens is ek 12,8% Germanies, 11,2% Deens, 7,3% Frans, 3,7% Portugees, 1,5% Wallies\/Skots en 1,4% Noord-Italiaans.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"719\" src=\"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/Tessa-Mix_page-0001-1-1024x719.jpg\" alt=\"'n Sirkeldiagram wat Tessa se herkoms aandui, volgens DNA-ontleding.\" class=\"wp-image-83\" srcset=\"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/Tessa-Mix_page-0001-1-1024x719.jpg 1024w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/Tessa-Mix_page-0001-1-600x421.jpg 600w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/Tessa-Mix_page-0001-1-300x211.jpg 300w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/Tessa-Mix_page-0001-1-768x539.jpg 768w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/Tessa-Mix_page-0001-1-1536x1078.jpg 1536w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/Tessa-Mix_page-0001-1-421x296.jpg 421w, https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/03\/Tessa-Mix_page-0001-1.jpg 1755w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p>Hierdie mengsel verklaar my ligte vel en miskien ook my koppige en rebelse natuur, maar toe ek eers mooi gaan sit en dink het, was die gedagte wat by my opgekom het nogal groot\u2026<\/p>\n\n\n\n<p>Al die verre voorsate wat tot my DNS bygedra het, was mense wat op \u2018n stadium hulle goed gevat en getrek het, op soek na vars vooruitsigte en nuwe geleenthede. Dis mense wat uit Europa uit gevlug het, rebelle en avonturiers. Daar is stories wat ek nie ken nie, van mense wat nie meer daar is om hulle te vertel nie. Dit maak my nogal hartseer, maar nou het my eie vrugbare verbeelding darem bietjie struktuur.<\/p>\n\n\n\n<p>Deel van die pakket is \u2018n lys van ander mense wat moontlik verwant kan wees. Ek gaan nie jok nie \u2013 ek sou nogal graag \u2018n familielid wou te\u00ebkom \u2013 maar die naaste kandidaat is \u2018n tannie van in die negentig wat \u2018n niggie is van een van my grootouers. Dis v\u00e9rlangs familie en tel amper nie. Daar is natuurlik nader moontlikhede ook, maar ek vermoed die \u201cuitvind\u201d is net beskore vir di\u00e9 wat betaal daarvoor. Ek sal. Betaal, bedoel ek. Maar later vanjaar. Moet net eers my geldsake uitsorteer. Die voordeel van die betaling, is dat ek dan \u2018n hele paar ander opsies ook het wat die sorteer van moonlike familie betref, en ek sal dan \u2018n ordentlike stamboom kan saamstel.<\/p>\n\n\n\n<p>In kort, my eie storie!<\/p>\n\n\n\n<p>NS. &#8216;n Ander webwerf het te vertelle ek het w\u00e9l &#8216;n hele spul Viking-bloed in my are. Dis waar die Deense en Skotse gene vandaan kom! En as ek reg onthou, was die Germane ook maar &#8216;n spul barbare! Dit maak perfek sin, vir almal wat my goed genoeg ken! Maar iewers het iets verkeerd geloop, want ek is die kort soort. En ek het nie blou o\u00eb en blonde hare nie. Ai&#8230;<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Iets anders, so half tersyde&#8230;<\/h2>\n\n\n\n<p>Ek wonder of die gat in my storie iets daarmee te doen het dat ek so angstig, gespanne, selfkrities en doelgedrewe is. Ek wil uitstaan &#8211; nie net &#8216;n tropdier wees nie. En as ek buitengewoon buitengewoon kan wees, soveel te beter.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar vir die volgende paar maande, gaan ek moet fokus op kalmte en voorbereiding. Die idee is gevorm en die geleentheid geskep. Dis nie &#8216;n verniet-geleentheid nie &#8211; soos ek reeds vroe\u00ebr ges\u00ea het, gaan dit alles verg wat ek het en is om hierdie plan te maak werk. Die kopskuif is die moeilikste &#8211; en ek sukkel om van my ou gewoontes ontslae te raak. Di\u00e9 projek van 1000 woorde per dag help nogal, want ek word betaal om elke dag daai knoppie te druk. (Breukdele van sente, maar geld is geld en &#8216;n goeie motivering vir baie dinge waarvoor ek normaalweg nie lus is nie.)<\/p>\n\n\n\n<p>Die ander ding wat ek myself dwing om te doen is om te ontklotter. <em>Hulle<\/em> s\u00ea daai woord is &#8216;n gruwelike taalgogga, maar ek kon nog nie &#8216;n goeie Afrikaanse ekwivalent vir <em>declutter<\/em> kry nie. &#8220;Skoonmaak&#8221; is nie dieselfde nie. Hierdie naweek is dit my groot plastiekwarelaai se beurt. Behalwe die bakkies en deksels wat nie pasmaats het nie, het ek baie &#8220;ekstras&#8221;. Dit gaan meer moeite kos as waarvoor ek lus is, maar ek vermoed as dit eers gedoen is, sal ek baie goed voel oor my prestasie. Want ja, &#8216;n prestasie sal dit wees!<\/p>\n\n\n\n<p>Die hoofrede vir hierdie &#8220;daaglikse doelwitte&#8221; is om dissipline aan te leer en nuwe gewoontes te skep. Ek doen nie goed met stokke nie, maar die wortel is altyd vir my baie aanloklik. Daarby is dit nogal vir my lekker om te weet ek het &#8216;n sekere doelwit wat ek moet bereik, en om daardie blokkie af te merk as die werk afgehandel is. (OK, ek plak gesiggieplakkers. Dis dieselfde ding, net meer kleurvol!) En ek moet dalk &#8216;n plan maak vir &#8216;n roomysbeloning na elke vyftien plakkers. <a href=\"https:\/\/nandos.co.za\" data-type=\"link\" data-id=\"https:\/\/nandos.co.za\">Nando&#8217;s<\/a> het eindelose roomys op hulle spyskaart gesit, vir as mens IN die restaurant eet! S\u00ea maar net&#8230;<\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Om \u2018n aangenome kind te wees, het sy voordele. Ek weet ek is grootgemaak deur ouers wat uitgesien het na my koms, en wat my beplan het en wat baie lief is vir my. Hulle is my ma en my &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[19,31],"class_list":["post-79","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-algemeen","tag-doelwitte","tag-identiteit"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/79","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=79"}],"version-history":[{"count":8,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/79\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":90,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/79\/revisions\/90"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=79"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=79"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=79"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}