{"id":93,"date":"2025-03-16T21:00:07","date_gmt":"2025-03-16T19:00:07","guid":{"rendered":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/?p=93"},"modified":"2025-03-16T21:00:08","modified_gmt":"2025-03-16T19:00:08","slug":"die-evolusie-van-drome","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/2025\/03\/16\/die-evolusie-van-drome\/","title":{"rendered":"Die Evolusie van Drome"},"content":{"rendered":"\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\">\n<p>You are never too old to set a new goal or to dream a new dream. C.S. Lewis<\/p>\n<\/blockquote>\n\n\n\n<p>Dis interessant hoe drome deur die loop van &#8216;n mens se lewe verander. As dogtertjie, wou ek &#8216;n grimeerkunstenaar word. Ek het nie geweet wat dit is nie &#8211; net dat ek mense wil laat mooi lyk.<\/p>\n\n\n\n<p>Op ho\u00ebrskool is ek in die rigting van Aptekerswese gestuur. Dit, of Chemiese Ingenieurswese. Goeie professionele loopbane vir &#8216;n vrou. Nie een van die twee gedagtes het my siel laat sing nie. Dit was net&#8230; goed!<\/p>\n\n\n\n<p>Gelukkig of ongelukkig het Chemie s\u00e9lf &#8216;n stokkie voor daardie loopbane gesteek. Dit was nou eenmaal die een vak wat ek ni\u00e9 op universiteit kon (of wou) baasraak nie. <\/p>\n\n\n\n<p>Toe ek stert tussen die bene by die universiteit weg is, het ek lank rondgeval, tot my ma my gedwing het om by die plaaslike biblioteek vrywilligerswerk te gaan doen. Dit was die begin van 23 jaar tussen boeke. Glad nie &#8216;n slegte plek vir &#8216;n boekwurm om te beland nie, het ek aanvanklik gedink, maar ek het nie besef hoe die burokrasie my siel sou begin opvreet nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die afgelope tien jaar of so, is ek naarstiglik op soek na uitkomkans. Dit was nooit oor geld nie, maar ter wille van die behoud van die stukkie wat nog van my menswees oor is. Ek het eers gedink om iewers op die Suid-Afrikaanse platteland te gaan bly, maar dis ge\u00efsoleerd en glad nie veilig vir &#8216;n alleenvrou nie. Die volgende gedagte was emigrasie &#8211; om iewers in die Europese platteland te gaan bly, met my katte en boeke en myself met skryfwerk besig en lewendig te hou. Daardie droom het ook &#8216;n vroe\u00eb dood gesterf. Tonne burokrasie en kaste vol geld, en dan is niks nog gewaarborg nie. En eiendom in Europa is geweldig duur vir iemand uit Afrika. <\/p>\n\n\n\n<p>Voor jy wonder, ek het nooit die tipiese &#8220;Expat&#8221;-lande soos Kanada, Australi\u00eb en Nieu Seeland oorweeg nie. Ek wil nie in &#8216;n nuwe land bly tussen &#8220;ou&#8221; mense nie. Dan verander niks.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek het op Permakultuur afgekom, die nodige kursusse afgehandel, maar ook gou besef dat ek nie groen vingers het nie. My passie l\u00ea by skeppend wees &#8211; goed bou en s\u00f3 &#8211; nie plante nie. Daar is nog steeds &#8216;n rol vir my te speel, en niks het verander aan die behoefte om onafhanklik te wees nie. Ek kort net die ruimte waarin ek myself kan uitdruk.<\/p>\n\n\n\n<p>Volgende gedagte: word nomadies. Koop &#8216;n bussie, bou hom om en toer deur die w\u00eareld daarmee. Skryf goed en neem videos en publiseer aanlyn en verdien genoeg geld om my leefstyl te finansier. Tot ek besef het dat die burokrasie daaraan verbonde erger is as om te emigreer. Want nou is dit baie lande, en daar is tydbeperkings op die visums wat ek nodig het. Dus, nee. Gaan nie gebeur nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Nou, die boot&#8230;<\/p>\n\n\n\n<p>Om op &#8216;n boot te bly, is nie verniet nie. Inteendeel, hierdie projek gaan elke sent vat wat ek het, en wat ek kan insamel. (Weer eens te wyte aan die Rand\/Euro wisselkoers.) Daar is ook &#8216;n gesegde dat BOAT &#8216;n akroniem is vir &#8220;Bust Out Another Thousand,&#8221; want Murphy is &#8216;n Ier en hy bly ook op &#8216;n boot. En Robert Kyosaki se <em>Cashflow<\/em>-speletjie het &#8216;n boot as &#8216;n &#8220;doodad&#8221; en as &#8216;n mens daardie kaart trek, is jou gort gaar! Geen van hierdie kennis gaan my keer nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Vir my is &#8216;n boot vryheid. Ek weet dit gaan aanvanklik nie maklik of lekker wees nie en daar is &#8216;n steil ervaringskromme (<em>learning curve<\/em>) betrokke. Ek gaan nog steeds visums nodig h\u00ea vir omtrent elke &#8220;beskaafde&#8221; land op aarde, maar nou is die tydbeperkig nie meer &#8216;n bepalende faktor nie. Dis meer &#8216;n geval van om kos- en watervoorraad aan te vul en miskien vir &#8216;n paar weke rond te toer voor ek verder vaar. My grootste probleem sal wees om owerhede in die VSA en die meeste van Europa te oortuig ek kom in vrede, aangesien my bande met Suid-Afrika (vir alle burokratiese doeleindes) nie meer sal bestaan nie. Geen eiendom, vaste werk, beleggings of ander ankers nie. Familie, ja. Maar di\u00e9 het ek oral, so dit gaan nie tel vir die ouens met die penne en rubberstempels nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Aan die ander kant van die munt het ek nie &#8216;n visum nodig vir die meeste van die bestemmings wat ek met &#8216;n boot kan bereik nie. Die Karibbiese Eilande, die Suidsee en die grootste deel van Suid-Oos Asi\u00eb is visum-vry vir Suid-Afrikaners vir enigiets van 30 dae tot onbepaald. En dis alles interessante plekke wat nie op die deursnee-toeristebestemmingslysie is nie. Soos Chile. En Noorwe\u00eb. (Ja, waar Vikings en trolle vandaan kom!) Dit sal &#8216;n bron wees van goeie videostories&#8230; en reisjoernalistiek! En dit sal my behoefte aan onafhanklikheid en avontuur bevredig!<\/p>\n\n\n\n<p>&#8216;n Elektriese boot wat met die hulp van sonpanele en &#8216;n sterk windturbine aangedryf word is baie naby aan &#8216;n kernboot wat onafhanklikheid betref. Dis ook meer omgewingsvriendelik om te bedryf, met min tot geen lug- en waterbesoedeling nie. Daarby wil ek my bes probeer om die boot so plastiekvry as moontlik te maak, veral wat verpakkingsmateriaal betref, en om al my skoonmaakmiddels bio-afbreekbaar te hou.<\/p>\n\n\n\n<p>Ek dink my grootste uitdaging van gaan wees om &#8216;n minimalistiese leefstyl te handhaaf. Gelukkig is die motivering vir daardie skuif baie duidelik en voor-die-hand-liggend: daar is bloot nie plek op &#8216;n boot vir allerhande fieterjasies nie! En natuurlik om nie goed orals te laat rondl\u00ea vir my om oor te val nie. Want daar is &#8211; weer eens &#8211; nie plek vir rondl\u00eagoed nie!<\/p>\n\n\n\n<p>So&#8230; <\/p>\n\n\n\n<p>Wat is my volgende stap(pe) in hierdie proses?<\/p>\n\n\n\n<p>Ek moet &#8216;n Skipperslisensie verwerf wat my in staat stel om &#8216;n boot wat langer is as 9 meter op die oop see te kan hanteer. Daar is &#8216;n kursus wat ek kan loop om die proses te bespoedig (amper soos om bestuurslesse te neem vir jou motorlisensie!) maar die meeste van my ervaring sal ek moet opdoen deur self op &#8216;n boot te klim en te v\u00e1\u00e1r. (Ek vermoed dis ook waar die woord &#8220;ervaring&#8221; vandaan kom!) Ek sal egter ook intussen basiese noodhulp- en brandbestrydingskursusse moet loop, en &#8216;n kursus moet voltooi in die ontplooiing van reddingbote en ander noodmaatre\u00ebls, asook &#8216;n radiokommunikasiesertifikaatkursus. Dit &#8211; saam met al die re\u00ebls en regulasies &#8211; is bo en behalwe die logboek wat ek moet indien van my tyd op see. Ure op die water, bedags en snags! Nie &#8216;n onmoontlike hindernis nie &#8211; net frustrerend tydrowend!<\/p>\n\n\n\n<p>Ek weet ook nog nie watter land ek as &#8216;n basis wil gebruik nie, maar ek dink ek sal die aanvanklike omskakeling en herbedrading van die boot in Oslo laat doen, en moontlik die boot daar registreer, ook! Dan hoef ek nie bekommerd te wees oor &#8216;n uurglas wat gaan uitloop en duur vervoerkostes tussen Europa en Suid-Afrika nie. Ek sal bietjie oplees oor die saak, en die nodige somme maak, maar ek vermoed dit gaan op die ou end die roete wees wat ek volg.<\/p>\n\n\n\n<p>Tyd sal leer.<\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>You are never too old to set a new goal or to dream a new dream. C.S. Lewis Dis interessant hoe drome deur die loop van &#8216;n mens se lewe verander. As dogtertjie, wou ek &#8216;n grimeerkunstenaar word. Ek het &hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_jetpack_memberships_contains_paid_content":false,"footnotes":""},"categories":[17],"tags":[15,19,18,29],"class_list":["post-93","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-boer-op-see","tag-besluite-en-keuses","tag-doelwitte","tag-drome","tag-verwagtinge"],"jetpack_featured_media_url":"","jetpack_sharing_enabled":true,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/93","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=93"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/93\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":96,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/93\/revisions\/96"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=93"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=93"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agterplaasboerdery.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=93"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}