Ek is op die oomblik besig om te skryf aan ‘n storiereeks waar die antagonis ‘n organisasie is wat ‘n mensehandelnetwerk bedryf vir invloedryke politici en besigheidsmense. Ek is al ses jaar lank besig om aan daardie storiereeks te skryf, hier in die afgeleë Suide van Afrika.
En toe bars die sweer oop!
Ons het almal geweet Epstein verskaf kinders aan politici en ander invloedrykes vir watter perverse doeleindes ookal (daar kom nou stories van kannibalisme en moord uit!), en meeste denkende lesers het sterk vermoed sy dood was NIE selfmoord nie. Maar ek dink nie enigiemand was regtig gereed vir die omvang van die perversie nie. En die ergste is dat die horribaalste dele nog nie vrygestel is nie.
Die voordeel is dat ek nou heelwat meer stof het om mee te werk, maar daar gaan ook lesers wees wat reken ek teer op ander se pyn. Ek sal maar net ‘n balans moet vind en handhaaf.