Ek noem soms in my blogartikels produkte en dienste, en ek ontvang 'n klein bedraggie geld vir my reklame. Daardie paar sente help om hierdie webwerf te onderhou en om op daai skakels te klik gaan jou niks ekstra kos nie. Inteendeel, ek vermoed jy gaan dalk heel beïndruk wees met wat jy teëkom. Met baie enkele uitsonderings, probeer ek klein- en familiebesighede bevorder. So help ons mekaar.