Biblioteektannie in Wording
Biblioteektannie in Wording

Biblioteektannie in Wording

Driekwart van my afwesigheid die afgelope drie maande kan toegeskryf word aan ‘n geweldig besige studieroetine. Ek het ingeskryf vir ‘n Nagraadse Diploma in Inligtingkunde by UNISA. Al ses jaarmodules. En al die werk wat daarmee gepaard gaan!

UNISA is nie meer wat dit was toe ek in 1996 die eerste keer daar ingeskryf het nie. Daardie jare was ook interessant, met dik, duur handboeke en pakke studiebriewe. Werkstukke is of met die hand geskryf, of getik, en moes gepos word. Ek het aandele gehad in die Poskantoor se Speed Services-koerierdiens. Dit het R13.00 gekos vir oornagpos Pretoria toe. En ek het presies geweet watter poskantoor op watter dae die kortste toue gehad het.Vir rekeninge betaal was daar ‘n spesiale depositostrokie by ABSA bank. En mens moes in die tou staan. Veral met maandeinde.

Vandag is alles elektronies. Van registrasie tot werkstukke en eksamens. En weeklikse aanlynklasse. Dis baie. En as die elektrisiteit nie werk nie, is dit erger! Dan verlang ek terug na die dae van handboeke en handgeskrewe werkstukke.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui