Dis ‘n Ramp, Willemiena!!!
Dis ‘n Ramp, Willemiena!!!

Dis ‘n Ramp, Willemiena!!!

Net so vinnig as wat dit begin het, het my boerderygedagte geëindig. My swart vingers het die oorhand gekry, en elke liewe een van my saailinge het gesneuwel. Die vraag is nou: gaan ek oorbegin met ‘n hele nuwe plantery, of gaan ek die wit vlag hys?

Of – en hier begin ‘n hele nuwe malligheid – gaan ek van rigting verander? Sho’t Left…

Daar is twee goed waarmee ek regtig uitblink – skryf en droom. En as ek ‘n gedagte beet het en dis ‘n belangrik genoeg doelwit, hardloop ek gewoonlik daarmee tot dit ‘n realiteit word of tot ek in ‘n doodloopstraat beland waaruit ek nie kan kom nie. Soos met die sitkamerboerdery. En nee, om tou op te gooi is nooit ‘n lekkerte nie.

Ek gaan dink… Miskien was hierdie bloot net nie my “ding” nie. Wie weet wat se avonture wag?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui