Positiewe Druk… en dit werk nogal partykeer!
Positiewe Druk… en dit werk nogal partykeer!

Positiewe Druk… en dit werk nogal partykeer!

Ek is die afgelope naweek oor twee dinge ingelig. Die eerste is dat ek baie goed is met skryf in beide Afrikaans en Engels en die tweede is dat ek daai skryftalent beter toepas, of anders…

RSG het ‘n jaarlikse radiodramaskryfkompetisie. Ek het nog nooit daaraan gedink om ‘n drama te skryf nie, al skryf ek omtrent al die ander genres. Maar hierdie jaar het ek die skryfgidse afgelaai, en met die aanmoediging van ‘n (bekroonde, nogal!) skrywersvriend in my lewe en ‘n paar taal-entoesiaste, gaan ek inskryf. Nee, ek het nie die vaagste benul wat ek gaan skryf nie, maar ek is seker ek sal dit kan doen en indien voor die sluitingsdatum aan die einde van Julie.

Dis anoniem, so ek hoef nie geïntimideerd te voel nie, en die wenprysgeld is ‘n heel skaflike bedrag. Nie ‘n fortuin nie, maar dis ‘n goeie manier om bekend te word. Groot op Radio.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui